{"id":170243,"date":"2026-09-28T17:12:22","date_gmt":"2026-09-28T15:12:22","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=170243"},"modified":"2026-09-28T17:27:30","modified_gmt":"2026-09-28T15:27:30","slug":"rsg-verwelkom-nuwe-aanbieder-van-loof-die-here","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-verwelkom-nuwe-aanbieder-van-loof-die-here\/","title":{"rendered":"RSG verwelkom nuwe aanbieder van &#8220;Loof die Here&#8221;"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018Johannesburg, 28 September 2026 \u2013 RSG verwelkom met trots vir\u00a0<strong>AJ Maree<\/strong>\u00a0as die nuwe aanbieder van die immergewilde geestelike program\u00a0<em>Loof die Here<\/em>. Hy sal op\u00a0<strong>Sondag 1 November 2026<\/strong>\u00a0tussen 8h00 en 9h00 sy eerste program aanbied &#8211; \u2019n blinknuwe en opwindende seisoen vir \u2019n ou gunsteling wat reeds vir meer as vyf dekades lank luisteraars jonk en ouer op \u2018n inspirasie- en verrykingstog begelei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">AJ se aanstelling volg n\u00e1\u00a0<strong>Magdaleen Kr\u00fcger<\/strong>\u00a0se besluit om n\u00e1\u00a07 jaar\u00a0agter die\u00a0<em>Loof die Here-<\/em>mikrofoon op\u00a027 September\u00a0die tuig neer te l\u00ea om haar aftrede ten volle te geniet. Magdaleen se afskeid het \u2019n merkwaardige era afgesluit, en juis daarom word die maand van\u00a0Oktober\u00a0\u2019n besonderse huldeblyk aan die ryke geskiedenis van die program voordat die nuwe seisoen in volkleur en -klank afskop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>AJ is \u2019n toegewyde musiekliefhebber<\/strong>, wiskunde\u2011onderwyser, en koordirigent. Nadat hy sy graad in Aktuari\u00eble Wiskunde voltooi het en \u2019n kort draai in die korporatiewe w\u00eareld gemaak het, het hy half onverwags in die klaskamer beland, waar hy ontdek het dat sy ware roeping in die onderwys l\u00ea. Sedert 2010 onderrig hy by die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool in Pretoria, en sedert 2016 rig hy die skool se koor, die Rooidasse, af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy is \u2019n gereelde spreker by koorseminare en wiskunde\u2011onderrig\u2011kongresse, waar hy sy entoesiasme en ervaring deel met die hoop om \u2019n blywende verskil in die lewens van jongmense en kollegas te maak. Musiek is die hartklop van sy lewe, veral koor\u2011 en klassieke musiek.\u00a0In sy vrye tyd\u00a0lees hy wyd, herlaai in die natuur en is \u2019n ywerige koffieliefhebber wat sy eie boontjies maal en sy eie espresso trek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>\u201c<\/em>Om by RSG en spesifiek hierdie program aan te sluit is vir my \u2019n besondere voorreg, maar ook \u2019n groot verantwoordelikheid,\u201d s\u00ea AJ. \u201c<em>Loof die Here<\/em>&nbsp;het \u2019n ryke geskiedenis en is \u2019n program waarmee baie mense oor dekades heen grootgeword het.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVir talle luisteraars het dit deel geword van die ritme van \u2019n Sondagoggend. Ek het groot respek vir die nalatenskap van die program en die mense wat dit oor die jare gevorm het. Luisteraars kan steeds uitsien na \u2019n uur van lofsang, rustigheid, besinning en inspirasie waarvoor hul harte warm klop, en ek sal my eie melodie&nbsp; hieraan toevoeg. Verder sal ek my liefde vir koormusiek, klassieke musiek en besonderse geestelike musiek met luisteraars deel, by ou bekendes aandoen, maar ook nuwe melodie\u00eb \u2013 of \u2018<em>tunetjies<\/em>\u2019 soos Magdaleen hulle sou noem &#8211; verken en ontdek. Uiteindelik hoop ek dat elke Sondagoggend iets sal bied wat die hart aanraak, \u2019n ruimte waarin mense kan stil word, asemhaal en iets van hoop en verwondering kan ervaar.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oor die\u00a0Koninkryksdoel\u00a0van\u00a0<em>Loof die Here<\/em>\u00a0s\u00ea hy, \u201cEk hoop\u00a0<em>Loof die Here<\/em>\u00a0herinner mense aan God se teenwoordigheid in die alledaagse &#8211; nie noodwendig deur groot woorde of lang boodskappe nie, maar deur die musiek, die stilte en die ruimte wat die program vir nadenke skep. Musiek het die besondere vermo\u00eb om te praat wanneer woorde soms kortskiet. As een luisteraar n\u00e1 \u2019n uitsending bietjie meer hoopvol, rustig, dankbaar of bewus van God se genade is, dan is ons op die regte koers. Uiteindelik hoop ek dat\u00a0<em>Loof die Here<\/em>\u00a0mense nie net vir \u2019n uur vergesel nie, maar hulle help om die nuwe week binne te gaan met geloof, hoop en \u2019n groter bewustheid van God se goedheid. Musiek bring mense bymekaar\u00a0 &#8211; oor nasies, tale en kulture heen. In musiek is ons een. Dis wat radio so besonders maak: jy kan alleen in jou motor, kombuis of sitkamer wees, maar as die musiek jou ruimte vul, voel jy vir \u2019n oomblik deel van iets groter as jouself.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Louise Jooste, RSG se sakebestuurder, s\u00ea, \u201c<em>Loof die Here<\/em>&nbsp;is veel meer as net \u2019n radioprogram; dit is vir baie luisteraars \u2019n geliefde deel van hul Sondagoggend en \u2019n ruimte van geloof, hoop en inspirasie. Ons is opreg dankbaar vir die merkwaardige bydrae wat Magdaleen Kr\u00fcger oor die afgelope sewe jaar gelewer het en wens haar alles van die beste toe. Terselfdertyd verwelkom ons vir AJ Maree met groot opgewondenheid! Sy liefde vir musiek, sy warmte as mens en sy diep waardering vir die program se nalatenskap maak hom die ideale persoon om hierdie geliefde instelling se volgende hoofstuk saam met ons luisteraars aan te pak. Ons is trots om AJ by die RSG-familie te verwelkom en sien daarna uit om saam met hom die volgende hoofstuk van&nbsp;<em>Loof die Here<\/em>&nbsp;te skryf.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gedurende Oktobermaand sal \u2019n keur van&nbsp;<em>Loof die Heer<\/em>&nbsp;hoogtepuntprogramme uitsaai wat oor die jare deur voormalige aanbieders Fanie Smit en Wouter de Wet aangebied is. Hierdie spesiale uitsendings vorm deel van RSG se viering van die program en sy kleurryke stemme, asook die viering van 90 jaar van die SAUK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op&nbsp;<strong>Sondag 1 November 2026<\/strong>&nbsp;begin&nbsp;<strong>Loof die Here<\/strong>&nbsp;se splinternuwe hoofstuk &#8211; steeds met dieselfde hart, maar met \u2019n vars stem wat die tradisie met \u2018n vaste anker in die Vader, erkenning vir die reuse op wie se skouers di\u00e9 program staan \u00e9n hernude inspirasie voortsit. Die beste van Afrikaanse geestelike musiek en Sondagoggend\u2011rustigheid vind jy, soos altyd, op&nbsp;<strong>RSG<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"RSG verwelkom nuwe aanbieder van \"Loof die Here\"","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AJM2.jpg","short-description":"RSG verwelkom nuwe aanbieder van \"Loof die Here\"","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/AJ-Maree.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-170243","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/170243","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170243"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/170243\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":170247,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/170243\/revisions\/170247"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170243"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=170243"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}