{"id":171247,"date":"2026-10-16T11:06:15","date_gmt":"2026-10-16T09:06:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=171247"},"modified":"2026-10-16T11:06:17","modified_gmt":"2026-10-16T09:06:17","slug":"eben-cruywagen-se-laaste-radiodramaverwerking-bring-stinkhout-met-groot-afrikaanse-sterre-na-rsg","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/eben-cruywagen-se-laaste-radiodramaverwerking-bring-stinkhout-met-groot-afrikaanse-sterre-na-rsg\/","title":{"rendered":"Eben Cruywagen se laaste radiodramaverwerking bring &#8220;Stinkhout&#8221; met groot Afrikaanse sterre na RSG"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">RSG bied met trots die tweedelige radiodrama <strong>Stinkhout<\/strong> aan &#8211; \u2019n aangrypende verhaal oor \u2019n pa en seun, uitdagende verhoudings, herinneringe en die stille getuienis van \u2019n enorme witstinkhoutboom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die drama &#8211; wenner van die 2025 ATKV-Woordveertjie vir \u2019n dramateks &#8211; is deur die geliefde en onlangs oorlede Eben Cruywagen vir radio verwerk. Dit was sy laaste dramawerk vir RSG en word uitgesaai op 22 Oktober en 29 Oktober om 20:00.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Stinkhout<\/em> bring van die mees legendariese, sowel as die mees opwindende nuwer name in Afrikaanse drama saam: Frank Opperman, Wilhelm van der Walt, Conradie van Heerden, De Klerk Oelofse en Lochner de Kock \u2013 \u2018n rolverdeling wat dit as \u2018n voorreg beskryf om deel te wees van die radioverwerking, veral omdat die verhoogstuk reeds groot aandag op verskeie kunstefeeste getrek het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skrywer Philip Rademeyer vertel dat die stuk ontstaan het toe iemand op \u2019n filmstel opgemerk het dat Frank Opperman en Wilhelm van der Walt \u201cnogal soos pa en seun lyk\u201d. Daardie toevallige opmerking het die vonk geword vir \u2019n storie wat diep in die pa\u2011seun\u2011verhouding delf:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In <em>Stinkhout<\/em> keer Louw terug na sy gesin se kleinhoewe n\u00e1 sy broer se skielike dood. Daar word hy met sy pa, Gert, herenig. Ou wonde word oopgekrap soos hulle mekaar toets, blameer en konfronteer, terwyl die waarheid bruis binne \u2019n enorme witstinkhoutboom wat al dekades lank alles op di\u00e9 familiegrond aanskou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Regisseur Joanie Combrink s\u00ea die grootste uitdaging was om die verhoogstuk se toonaard getrou na radio oor te dra: \u201cDit was vir my baie belangrik om \u2019n atmosfeer in die ateljee te skep waarin die spelers veilig en ontspanne kon voel. Die radioverwerking is dubbel die lengte van \u2019n gewone radiodrama, en vir Frank Opperman en Wilhelm van der Walt was dit belangrik om getrou te bly aan hul vertolkings in die verhoogstuk.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die drama se emosionele diepte en die behoefte aan rou-eerlike spel het die produksie tot \u2019n besondere ervaring gemaak &#8211; een wat ook die nalatenskap van <strong>Eben Cruywagen<\/strong> met waardigheid eer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Stinkhout<\/em> is die laaste teks wat hy ooit vir RSG verwerk het. Sy werk het oor jare heen \u2019n onuitwisbare merk op Afrikaanse radiodrama gelaat. Hierdie uitsending is daarom nie net \u2019n drama nie; dit is \u2019n huldeblyk aan \u2019n man wie se uitsaaikennis, penvaardigheid, stem en visie die medium verryk het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Stinkhout, Deel 1 word Donderdag 22 Oktober om 20:00 op RSG uitgesaai en Deel 2 Donderdag 29 Oktober om 20:00.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die beste van Afrikaanse radioteater vind jy, soos altyd, op <strong>RSG<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Eben Cruywagen se laaste radiodramaverwerking bring \"Stinkhout\" met groot Afrikaanse sterre na RSG","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/RSG_Stinkhout-copy-scaled.jpeg","short-description":"N\u00e1 sy broer se skielike dood keer Louw terug na die kleinhoewe waar hy grootgeword het en word hy met sy pa, Gert, herenig. Ou wonde word oopgekrap, terwyl \u2019n enorme witstinkhoutboom as stille getuie staan van alles wat oor dekades op di\u00e9 familiegrond gebeur het. Dit is \u2019n aangrypende verhaal oor \u2019n pa en seun wat mekaar probeer vind terwyl hulle rekenskap van die verlede gee. Cruywagen is vroe\u00ebr vanjaar oorlede, en Stinkhout was die laaste teks wat hy vir RSG verwerk het. Die uitsending daarvan is daarom ook \u2019n besondere viering van sy werk en sy \u00a0kosbare nalatenskap\u00a0 aan die Afrikaanse radio.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/10\/RSG_Stinkhout-copy-scaled.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-171247","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/171247","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=171247"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/171247\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":171253,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/171247\/revisions\/171253"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=171247"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=171247"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}