{"id":172999,"date":"2026-11-18T08:43:58","date_gmt":"2026-11-18T06:43:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=172999"},"modified":"2026-11-18T08:52:19","modified_gmt":"2026-11-18T06:52:19","slug":"donderdagaand-halfpad-daar-ondersoek-die-druk-van-die-middeljare","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-halfpad-daar-ondersoek-die-druk-van-die-middeljare\/","title":{"rendered":"Donderdagaand: &#8220;Halfpad daar&#8221; ondersoek die druk van die middeljare"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer dit voel asof almal om jou reeds hulle plek in die lewe gevind het, hoe maak jy vrede met jou eie pad? In <em>Halfpad daar<\/em>, Sophia van Taak se radiodrama wat op Donderdag 19 November 2026 om 20:00 op RSG uitgesaai word, ontmoet luisteraars vir Retha, \u2019n vrou in haar veertigs wie se senuwees begin uitrafel. Van Taak behartig ook die regie van hierdie verhaal oor werksdruk, verwagtinge en die ontstellende vermoede dat jou lewe anders moes verloop het.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"960\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/s-l1600.webp\" alt=\"\" class=\"wp-image-173004\" style=\"width:350px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/s-l1600.webp 640w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/s-l1600-100x150.webp 100w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/s-l1600-200x300.webp 200w\" sizes=\"(max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Retha probeer kop-bo-water hou, maar alles raak skielik te veel. Die werk hou aan kom, die rekeninge wag en ander mense se verwagtinge druk swaar op haar. Tog is daar ook \u2019n ongemaklike vraag waarmee sy moet worstel: hoeveel van di\u00e9 druk kom eintlik van haarself? Terwyl sy haar lewenskeuses bevraagteken, raak dit al moeiliker om verby die probleme van elke dag te kyk en moontlike oplossings raak te sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar tydgenote se lewens lyk gevestig en gelukkig. Sy spartel steeds van maand tot maand om die huur te betaal. Daardie vergelyking laat haar al hoe meer uitgelewer voel, totdat sy begin wonder of sy besig is om haar varkies te verloor. Retha bevind haar in \u2019n emosionele put en moet \u2019n manier vind om weer perspektief te kry. Maar waar begin \u2019n mens wanneer jou eie gedagtes jou telkens terugtrek na alles wat verkeerd loop?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Van Taak ondersoek die drama hoe die tirannie van die onmiddellike \u2019n mens in ongesonde denkpatrone kan vasvang. Wanneer elke probleem dringend voel, kan jou blik so vernou dat daar naderhand min ruimte vir enigiets anders oorbly. Retha verloor perspektief en begin haarself as \u2019n slagoffer van haar omstandighede sien. Haar verhaal raak daarmee aan \u2019n herkenbare ervaring: die oomblik wanneer die daaglikse gespartel jou laat twyfel aan die groter rigting van jou lewe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die inspirasie vir die drama is persoonlik. Van Taak vertel dat haar eie oomblikke van blinde paniek oor waarheen haar lewe op pad is, tot die storie aanleiding gegee het. Die negatiewe gedagtes waarmee Retha worstel, is ook vir haar bekend. Sy moet soms versigtig trap om nie self vasgevang te raak in die moedeloosheid wat ontstaan wanneer \u2019n mens jou lewe met di\u00e9 van ander vergelyk nie. Hierdie eerlikheid vorm die vertrekpunt vir Retha se verhaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van Taak hoop dat die drama veral aan middeljarige vroue wat hulle in soortgelyke omstandighede bevind, moed sal gee. Haar boodskap is dat \u2019n mens steeds seggenskap oor jou eie lewe en geluk het. Om verandering te bewerkstellig, vra egter dat jy self optree. Die ridder op die wit perd gaan nie noodwendig opdaag om alles reg te maak nie. Retha se worsteling bied dus ook ruimte vir die vraag: &nbsp;wat l\u00ea binne haar eie vermo\u00eb om te verander.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Erica Wessels vertolk Retha, met Andre Terblanche as Willem, Nienke Geldenhuys as Stef en die leser, Ansu van der Sluys as Fran-Louise, Dirk Stolz as Martinus, \u00c8mil Haarhoff as Danny en June van Merch as Ester.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"400\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy-1024x400.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-173001\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy-1024x400.jpeg 1024w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy-300x117.jpeg 300w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy-150x59.jpeg 150w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy-768x300.jpeg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy.jpeg 1266w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Agter vlnr: Nienke Geldenhuys Sophia van Taak, Ansu van der Sluys, E\u0300mil Haarhoff en Erica Wessels.Voor vlnr: Andre Terblanche en June van Merch.<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Donderdagaand: \"Halfpad daar\" ondersoek die druk van die middeljare","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy.jpeg","short-description":"Donderdagaand: \"Halfpad daar\" ondersoek die druk van die middeljare","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/Nienke-Geldenhuys-Sophia-van-Taak-Ansu-van-der-Sluys-Emil-Haarhoff-Andre-Terblanche-June-van-Merch-Erica-Wessels-copy.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/11\/s-l1600-1.webp"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-172999","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/172999","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172999"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/172999\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":173005,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/172999\/revisions\/173005"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172999"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=172999"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}