{"id":82232,"date":"2025-03-17T07:20:26","date_gmt":"2025-03-17T05:20:26","guid":{"rendered":"http:\/\/jhb-webdevelopers\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-en-atkv-bied-vanjaar-1e-keer-saam-n-kuierkol-program-by-kknk-aan\/"},"modified":"2025-04-03T20:02:34","modified_gmt":"2025-04-03T18:02:34","slug":"rsg-en-atkv-bied-vanjaar-1e-keer-saam-n-kuierkol-program-by-kknk-aan","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-en-atkv-bied-vanjaar-1e-keer-saam-n-kuierkol-program-by-kknk-aan\/","title":{"rendered":"RSG en ATKV bied vanjaar 1e keer saam \u2018n Kuierkol program by KKNK aan"},"content":{"rendered":"<div class=\"x_elementToProof\">\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/instagram2x-copy-2-1.jpeg\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"alignright wp-image-56796\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/instagram2x-copy-2-1.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"400\" \/><\/a>Feesgangers na die KKNK kan vanjaar vir die eerste keer uitsien na \u2019n geskiedkundige geleentheid wanneer die ATKV en RSG gesamentlik die Kuierkol aanbied.<\/p>\n<p>Die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) is waarskynlik Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse familiefees, waar oud en jonk bymekaar kan kom om onder meer die Afrikaanse kunste, kultuur, toneel en musiek te vier en geniet.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Kom geniet \u2019n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Feesgangers word uitgenooi om RSG se gewilde omroepers te ontmoet terwyl hulle heerlike versnaperings rondom die Kuierkol kan geniet.<\/div>\n<div><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/rsg-en-atkv-se-kuierkol-progam.pdf\">K<\/a><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/rsg-en-atkv-se-kuierkol-progam-1.pdf\">RSG en ATKV se Kuierkol Progam<\/a><\/div>\n<div><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/kuierkol_persverklaring-2025.docx\">Klik hier vir die Kuierkol Persverklaring 2025<\/a><\/div>\n<div>\n<h2><strong>Kuierkol: ATKV en RSG span saam by KKNK<\/strong><\/h2>\n<p>Die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) is waarskynlik Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse familiefees, waar oud en jonk bymekaar kan kom om onder meer die Afrikaanse kunste, kultuur, toneel en musiek te vier en geniet.<\/p>\n<p>Feesgangers kan vanjaar vir die eerste keer uitsien na \u2019n geskiedkundige geleentheid wanneer die ATKV en RSG gesamentlik die Kuierkol aanbied.<\/p>\n<p>Kom geniet \u2019n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Feesgangers word uitgenooi om RSG se gewilde omroepers te ontmoet terwyl hulle heerlike versnaperings rondom die Kuierkol kan geniet.<\/p>\n<p>Volgens Amor\u00e9 Swanepoel, bemarkingsbestuurder van RSG, gaan die Kuierkol \u2019n hoogtepunt by die KKNK wees.<\/p>\n<p>\u201cDit is die eerste keer dat die ATKV en RSG \u2019n Kuierkol by die KKNK het en dit is \u2019n vennootskap waaroor ons baie opgewonde is,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>\u201cOns werk al vir so \u2019n paar jaar saam met die ATKV aan die Radiodramaskryfkompetisie en ons het al hoe meer begin gesels oor sake wat ons gemeen het wat ons twee entiteite betref; die ooreenstemming in terme van ons teikengehore, ons liefde vir Afrikaans en sy mense en waar ons onsself oor \u2019n paar jaar sien. Alles het net eenvoudig so goed ooreengestem. Dit is \u2019n baie gemaklike vennootskap wat eenvoudig net lekker sal kan werk.\u201d<\/p>\n<p>Amor\u00e9 beklemtoon dat die Kuierkol vir die hele gesin is.<\/p>\n<p>\u201cRSG is baie opgewonde om terug te wees by die KKNK, maar in \u2019n ander formaat as voorheen. Die Kuierkol bied waarlik iets vir elke lid van die gesin \u2013 en sommer net \u2019n lekker plekkie om jou moe\u00eb feesvoete te rus!\u201d<\/p>\n<p>Amor\u00e9 s\u00ea daar is \u2019n wonderlike verskeidenheid geleenthede waarna gaste kan uitsien.<\/p>\n<p>\u201cOns het daagliks \u2019n regstreekse uitsending van RSG-programme (Eloise Cupido en Martelize Brink), boekbesprekings, lewendige musiek, Bazoo en Tippie kom kuier, gesigverf, \u2019n blitskafee, radiodramawerkswinkels, \u2019n komedie-uur en soveel meer!\u201d<\/p>\n<p>Amor\u00e9 s\u00ea RSG beoog om vir sy luisteraars vermaak op \u2019n vars en splinternuwe wyse aan te bied.<\/p>\n<p>\u201cOns wil saam met ons luisteraars kuier en vir die res van die land \u2019n smakie van die KKNK gee, asook lekker verhoudings bou om Afrikaans as taal en kultuur sterker en nog lekkerder te maak!\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_56790\" aria-describedby=\"caption-attachment-56790\" style=\"width: 240px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/screenshot-2025-03-16-at-20.59.13-copy.jpg\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-56790\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/screenshot-2025-03-16-at-20.59.13-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"240\" height=\"280\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-56790\" class=\"wp-caption-text\">Gerrie Lemmer<\/figcaption><\/figure>\n<p>Gerrie Lemmer, die ATKV se uitvoerende hoof van kultuur, is net so opgewonde oor die ATKV en RSG se vennootskap.<\/p>\n<p>\u201cDit is inderdaad die eerste keer dat die ATKV, RSG en die KKNK \u2019n Kuierkol aanbied. Oor die jare heen het die ATKV en RSG \u2019n verskeidenheid vennootskapprojekte aangebied. Die Kuierkol is \u2019n geleentheid wat nog \u2019n suksesverhaal sal afskop,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cDie ATKV heg groot waarde aan strategiese vennootskappe met diegene wat tot Afrikaans se voordeel dink, bel\u00ea, werk en droom. Die ATKV en RSG het gedeelde waardes en strategiese doelwitte, wat \u2019n vennootskap soos di\u00e9 baie spesiaal maak. Di\u00e9 vennootskap is \u2019n uitvloeisel van projekte soos RSG en die ATKV se Radiodramakompetisie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is geen ingangsfooie by die Kuierkol nie. Die ATKV, RSG en KKNK stel graag \u2019n lekker, gratis kuierruimte vir feesgangers beskikbaar om hul feeservaring te verryk.<\/p>\n<p>\u201cDit is vir die ATKV en RSG kernbelangrik om vir alle Afrikaanssprekendes \u2019n vriendelike, kreatiewe en akkommoderende ruimte by die KKNK te skep en sosiale kohesie te bewerkstellig,\u201d voeg hy by.<\/p>\n<p>Die jongspan kan \u2019n draai maak vir gesigverf, saam met Tippie die olifant en Bazoo die vriendelike bergskilpad kuier en \u2019n liefde vir lees kom koester.<\/p>\n<p>Oom Karoolus en Lente is ook daar om saam met die maatjies te sing en dans.<\/p>\n<p>Daar word daaglikse pryse soos wonderlike leesboeke en die ATKV se eie <em>Meer bek as binnegoed<\/em>-bordspeletjie weggegee.<\/p>\n<p>Besoekers aan die Kuierkol staan ook die kans om \u2019n midweek-blaaskans vir vier persone by \u2019n ATKV-oord van hul keuse te wen.<\/p>\n<h2><strong>Nog meer om na uit te sien<\/strong><\/h2>\n<figure id=\"attachment_56786\" aria-describedby=\"caption-attachment-56786\" style=\"width: 200px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/estel2025smallweb.jpg\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-56786\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/estel2025smallweb.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"232\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-56786\" class=\"wp-caption-text\">Estel de Beer<\/figcaption><\/figure>\n<p>Estel de Beer, senior regisseur: mandaat drama en opvoedkunde van RSG, sal onder meer \u2019n Radiodrama-blitswerkswinkel op Dinsdag 1 April aanbied. Tydens hierdie werkswinkel kan daar uitgesien word na \u2019n bespreking oor hoe \u2019n radiodrama werk en hoe om \u2019n toneel met klank te skep. Estel sal ook gesels oor stemspeluitdagings en klankeffekte-orkeste.<\/p>\n<p>\u2019n Skryfwerkswinkel sal ook op 3 April aangebied word. Tydens hierdie werkswinkel sal daar bespreek word hoe die skryf van \u2019n radiodrama verskil van ander mediums, hoe karakters geskep word, wat belangrik is met betrekking tot dialoog en wat die struikelblokke vir nuwe skrywers is.<\/p>\n<p>Op 2 April sal \u2019n boekbespreking met Chareldine van der Merwe (projekorganiseerder van die Vriende van Afrikaans) en Schoem\u00e9 Steenkamp (programko\u00f6rdineerder van kinderteater by die KKNK) ook kinderstories en die belang daarvan onder die loep neem.<\/p>\n<p>Die nimlike Antoinette Pienaar neem ook op 4 April aan \u2019n boekbespreking deel, terwyl nog \u2019n boekbespreking met skrywer Hannes Visser op Sondag 6 April plaasvind.<\/p>\n<p>Jak de Priester, Petronel Baard, Selby Williams, Yaaseen Barnes en vele meer is van die kunstenaars wat by RSG en die ATKV se Kuierkol gaan optree. Jerome Rex en <em>Taalgenoot<\/em>-RUK EN RYM se Floris Voges gaan ook in aksie wees.<\/p>\n<p>Die Kuierkol-program bied iets vir die hele gesin.<\/p>\n<h2><strong>Hier is die Kuierkol program vir 1 tot 6 April 2025<\/strong><\/h2>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.09.54-copy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-56773\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.09.54-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1076\" \/><\/a><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.10.10-copy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-56772\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.10.10-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1074\" \/><\/a><\/p>\n<\/div>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.25-copy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-56783\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.25-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1074\" \/><\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.43-copy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-56782 aligncenter\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.43-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1076\" \/><\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.57-copy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-56781\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.57-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1070\" \/><\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.37.11-copy.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-56780 aligncenter\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.37.11-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1093\" \/><\/a><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"RSG en ATKV bied vanjaar 1e keer saam \u2018n Kuierkol program by KKNK aan","cover-image":"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/instagram2x-copy-2.jpeg","short-description":"<div class=\"x_elementToProof\">\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/instagram2x-copy-2-1.jpeg\"><img class=\"alignright wp-image-56796\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/instagram2x-copy-2-1.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"400\" \/><\/a>Feesgangers na die KKNK kan vanjaar vir die eerste keer uitsien na \u2019n geskiedkundige geleentheid wanneer die ATKV en RSG gesamentlik die Kuierkol aanbied.\n\nDie KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) is waarskynlik Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse familiefees, waar oud en jonk bymekaar kan kom om onder meer die Afrikaanse kunste, kultuur, toneel en musiek te vier en geniet.\n\n<\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\">Kom geniet \u2019n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Feesgangers word uitgenooi om RSG se gewilde omroepers te ontmoet terwyl hulle heerlike versnaperings rondom die Kuierkol kan geniet.<\/div>\n<div><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/rsg-en-atkv-se-kuierkol-progam.pdf\">K<\/a><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/rsg-en-atkv-se-kuierkol-progam-1.pdf\">RSG en ATKV se Kuierkol Progam<\/a><\/div>\n<div><\/div>\n<div class=\"x_elementToProof\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/kuierkol_persverklaring-2025.docx\">Klik hier vir die Kuierkol Persverklaring 2025<\/a><\/div>\n<div>\n<h2><strong>Kuierkol: ATKV en RSG span saam by KKNK<\/strong><\/h2>\nDie KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) is waarskynlik Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse familiefees, waar oud en jonk bymekaar kan kom om onder meer die Afrikaanse kunste, kultuur, toneel en musiek te vier en geniet.\n\nFeesgangers kan vanjaar vir die eerste keer uitsien na \u2019n geskiedkundige geleentheid wanneer die ATKV en RSG gesamentlik die Kuierkol aanbied.\n\nKom geniet \u2019n propvol program met regstreekse uitsendings, vermaak, speletjies vir oud en jonk, kinderpret, slypskole en musiekoptredes. Feesgangers word uitgenooi om RSG se gewilde omroepers te ontmoet terwyl hulle heerlike versnaperings rondom die Kuierkol kan geniet.\n\nVolgens Amor\u00e9 Swanepoel, bemarkingsbestuurder van RSG, gaan die Kuierkol \u2019n hoogtepunt by die KKNK wees.\n\n\u201cDit is die eerste keer dat die ATKV en RSG \u2019n Kuierkol by die KKNK het en dit is \u2019n vennootskap waaroor ons baie opgewonde is,\u201d s\u00ea sy.\n\n\u201cOns werk al vir so \u2019n paar jaar saam met die ATKV aan die Radiodramaskryfkompetisie en ons het al hoe meer begin gesels oor sake wat ons gemeen het wat ons twee entiteite betref; die ooreenstemming in terme van ons teikengehore, ons liefde vir Afrikaans en sy mense en waar ons onsself oor \u2019n paar jaar sien. Alles het net eenvoudig so goed ooreengestem. Dit is \u2019n baie gemaklike vennootskap wat eenvoudig net lekker sal kan werk.\u201d\n\nAmor\u00e9 beklemtoon dat die Kuierkol vir die hele gesin is.\n\n\u201cRSG is baie opgewonde om terug te wees by die KKNK, maar in \u2019n ander formaat as voorheen. Die Kuierkol bied waarlik iets vir elke lid van die gesin \u2013 en sommer net \u2019n lekker plekkie om jou moe\u00eb feesvoete te rus!\u201d\n\nAmor\u00e9 s\u00ea daar is \u2019n wonderlike verskeidenheid geleenthede waarna gaste kan uitsien.\n\n\u201cOns het daagliks \u2019n regstreekse uitsending van RSG-programme (Eloise Cupido en Martelize Brink), boekbesprekings, lewendige musiek, Bazoo en Tippie kom kuier, gesigverf, \u2019n blitskafee, radiodramawerkswinkels, \u2019n komedie-uur en soveel meer!\u201d\n\nAmor\u00e9 s\u00ea RSG beoog om vir sy luisteraars vermaak op \u2019n vars en splinternuwe wyse aan te bied.\n\n\u201cOns wil saam met ons luisteraars kuier en vir die res van die land \u2019n smakie van die KKNK gee, asook lekker verhoudings bou om Afrikaans as taal en kultuur sterker en nog lekkerder te maak!\u201d\n\n[caption id=\"attachment_56790\" align=\"alignleft\" width=\"240\"]<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/screenshot-2025-03-16-at-20.59.13-copy.jpg\"><img class=\"wp-image-56790\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/screenshot-2025-03-16-at-20.59.13-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"240\" height=\"280\" \/><\/a> Gerrie Lemmer[\/caption]\n\nGerrie Lemmer, die ATKV se uitvoerende hoof van kultuur, is net so opgewonde oor die ATKV en RSG se vennootskap.\n\n\u201cDit is inderdaad die eerste keer dat die ATKV, RSG en die KKNK \u2019n Kuierkol aanbied. Oor die jare heen het die ATKV en RSG \u2019n verskeidenheid vennootskapprojekte aangebied. Die Kuierkol is \u2019n geleentheid wat nog \u2019n suksesverhaal sal afskop,\u201d s\u00ea hy.\n\n\u201cDie ATKV heg groot waarde aan strategiese vennootskappe met diegene wat tot Afrikaans se voordeel dink, bel\u00ea, werk en droom. Die ATKV en RSG het gedeelde waardes en strategiese doelwitte, wat \u2019n vennootskap soos di\u00e9 baie spesiaal maak. Di\u00e9 vennootskap is \u2019n uitvloeisel van projekte soos RSG en die ATKV se Radiodramakompetisie.\n\n\u201cDaar is geen ingangsfooie by die Kuierkol nie. Die ATKV, RSG en KKNK stel graag \u2019n lekker, gratis kuierruimte vir feesgangers beskikbaar om hul feeservaring te verryk.\n\n\u201cDit is vir die ATKV en RSG kernbelangrik om vir alle Afrikaanssprekendes \u2019n vriendelike, kreatiewe en akkommoderende ruimte by die KKNK te skep en sosiale kohesie te bewerkstellig,\u201d voeg hy by.\n\nDie jongspan kan \u2019n draai maak vir gesigverf, saam met Tippie die olifant en Bazoo die vriendelike bergskilpad kuier en \u2019n liefde vir lees kom koester.\n\nOom Karoolus en Lente is ook daar om saam met die maatjies te sing en dans.\n\nDaar word daaglikse pryse soos wonderlike leesboeke en die ATKV se eie <em>Meer bek as binnegoed<\/em>-bordspeletjie weggegee.\n\nBesoekers aan die Kuierkol staan ook die kans om \u2019n midweek-blaaskans vir vier persone by \u2019n ATKV-oord van hul keuse te wen.\n<h2><strong>Nog meer om na uit te sien<\/strong><\/h2>\n[caption id=\"attachment_56786\" align=\"alignright\" width=\"200\"]<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/estel2025smallweb.jpg\"><img class=\"wp-image-56786\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/estel2025smallweb.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"232\" \/><\/a> Estel de Beer[\/caption]\n\nEstel de Beer, senior regisseur: mandaat drama en opvoedkunde van RSG, sal onder meer \u2019n Radiodrama-blitswerkswinkel op Dinsdag 1 April aanbied. Tydens hierdie werkswinkel kan daar uitgesien word na \u2019n bespreking oor hoe \u2019n radiodrama werk en hoe om \u2019n toneel met klank te skep. Estel sal ook gesels oor stemspeluitdagings en klankeffekte-orkeste.\n\n\u2019n Skryfwerkswinkel sal ook op 3 April aangebied word. Tydens hierdie werkswinkel sal daar bespreek word hoe die skryf van \u2019n radiodrama verskil van ander mediums, hoe karakters geskep word, wat belangrik is met betrekking tot dialoog en wat die struikelblokke vir nuwe skrywers is.\n\nOp 2 April sal \u2019n boekbespreking met Chareldine van der Merwe (projekorganiseerder van die Vriende van Afrikaans) en Schoem\u00e9 Steenkamp (programko\u00f6rdineerder van kinderteater by die KKNK) ook kinderstories en die belang daarvan onder die loep neem.\n\nDie nimlike Antoinette Pienaar neem ook op 4 April aan \u2019n boekbespreking deel, terwyl nog \u2019n boekbespreking met skrywer Hannes Visser op Sondag 6 April plaasvind.\n\nJak de Priester, Petronel Baard, Selby Williams, Yaaseen Barnes en vele meer is van die kunstenaars wat by RSG en die ATKV se Kuierkol gaan optree. Jerome Rex en <em>Taalgenoot<\/em>-RUK EN RYM se Floris Voges gaan ook in aksie wees.\n\nDie Kuierkol-program bied iets vir die hele gesin.\n<h2><strong>Hier is die Kuierkol program vir 1 tot 6 April 2025<\/strong><\/h2>\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.09.54-copy.jpg\"><img class=\"aligncenter wp-image-56773\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.09.54-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1076\" \/><\/a><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.10.10-copy.jpg\"><img class=\"aligncenter wp-image-56772\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.10.10-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1074\" \/><\/a>\n\n<\/div>\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.25-copy.jpg\"><img class=\"aligncenter wp-image-56783\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.25-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1074\" \/><\/a>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.43-copy.jpg\"><img class=\"wp-image-56782 aligncenter\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.43-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1076\" \/><\/a>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.57-copy.jpg\"><img class=\"aligncenter wp-image-56781\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.36.57-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1070\" \/><\/a>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.37.11-copy.jpg\"><img class=\"wp-image-56780 aligncenter\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/screenshot-2025-03-16-at-20.37.11-copy.jpg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"1093\" \/><\/a>","image-gallery":[],"featured":"","comment-feature":"","main-featured":""},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-82232","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82232","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82232"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82232\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/82234"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82232"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=82232"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}