{"id":82247,"date":"2025-03-17T06:00:10","date_gmt":"2025-03-17T04:00:10","guid":{"rendered":"http:\/\/jhb-webdevelopers\/rsg-fm\/rsg-nou\/29ste-rsg-radiodramaskryfkompetisie-aangekondig\/"},"modified":"2025-04-03T20:03:18","modified_gmt":"2025-04-03T18:03:18","slug":"29ste-rsg-radiodramaskryfkompetisie-aangekondig","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/29ste-rsg-radiodramaskryfkompetisie-aangekondig\/","title":{"rendered":"29ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie aangekondig"},"content":{"rendered":"<p>RSG bied met trots die 29ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie aan. Tydens die kompetisie kry skrywers die geleentheid om hul hand te waag aan \u2018n radiodrama. Talle van RSG se gesoute skrywers het heel eerste pen op papier gewaag toe hulle vir die RSG-Radiodramaskryfkompetisie ingeskryf het.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-google-banner.png\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-56804\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-google-banner.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"150\" \/><\/a><\/p>\n<p>Die kompetisie is uniek omdat dit aan skrywers gratis hulpbronne verskaf. RSG is ook opgewonde dat daar weer in 2025 in samewerking met die ATKV gratis slypskole in Johannesburg en Kaapstad aangebied word. Deelnemers sal ook die opname van \u2019n kort radiodrama kan bywoon en kenners sal die fynere kunsies van radiodrama deel.<\/p>\n<p>Die totale prysgeld is vanjaar R115 000. Die algehele wenner ontvang R50 000, die naaswenner R25 000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15 000.\u00a0 Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang. \u2018n Bykomende merieteprys van R10 000 word toegeken aan \u2018n drama wat deur die beoordelaars gekies word uit die finaliste wat nie vir die vier topposisies kwalifiseer nie.<\/p>\n<p>Buiten die prysgeld word die wendramas ook in 2026 op RSG uitgesaai.<\/p>\n<p>Die sluitingsdatum vir die kompetisie is <strong>31 Julie 2025.<\/strong> Inskrywings kan slegs aanlyn ingedien word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_56806\" aria-describedby=\"caption-attachment-56806\" style=\"width: 200px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atr-sonel-brits.jpg\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-56806\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atr-sonel-brits.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"248\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-56806\" class=\"wp-caption-text\">Son\u00e9l Brits<\/figcaption><\/figure>\n<p>RSG is opgewonde om hierdie jaar die gesogte kompetisie saam met die ATKV aan te bied. \u201cDie ATKV is trots om die 29ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie te ondersteun. Om in mense se lewens te bel\u00ea deur geleenthede in hul moedertaal te skep, is ons grootste vreugde en ons belangrikste plig\u201d, s\u00ea Son\u00e9l Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW.<\/p>\n<p>Die ATKV glo dat hierdie kompetisie \u2019n nuwe geslag radiodramaskrywers skep en s\u00f3 bou aan die relevansie van radioteater. Brits voeg by dat kompetisies soos hierdie \u2019n bydrae lewer tot ons taal se groei en vooruitgang.<\/p>\n<p>Die ATKV is opgewonde oor die nuwe seisoen en ook oor radiodramas se voetspoor wat vergroot word danksy digitale en sosialemediaplatforms.<\/p>\n<figure id=\"attachment_55783\" aria-describedby=\"caption-attachment-55783\" style=\"width: 200px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/marion-erskine-by-clare-clark-photography-9-scaled.jpg\"><img decoding=\"async\" class=\"wp-image-55783\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/marion-erskine-by-clare-clark-photography-9-scaled.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"228\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-55783\" class=\"wp-caption-text\">Marion Erskine by Clare Clark Photography 9<\/figcaption><\/figure>\n<p>Marion Erskine is in 2024 as die algehele wenner aangewys en s\u00ea dat \u201cdaar min dinge so betowerend vir \u2019n skrywer is as om te hoor hoe hul woorde tot lewe kom.\u201d<\/p>\n<p>Volgens hom skep \u2018n skrywer \u2019n storie uit &#8216;n gewone idee, en dan kom \u2019n regisseur, talentvolle akteurs en klankkunstenaars saam om dit met hul unieke sprankel te omskep in iets groot. Die woorde op wit papier, word \u2019n werklikheid. Dit word \u2019n storie wat voel, asemhaal\u00a0en\u00a0mense\u00a0raak.<\/p>\n<p>Die basiese riglyn vir die kompetisie is as volg:<\/p>\n<ul>\n<li>Daar is geen voorgeskrewe tema nie.<\/li>\n<li>Inskrywings\u00a0 moet nuwe en oorspronklike radiodramas wees. Geen verwerkings van bestaande materiaal of verhoogdramas of stories wat al voorheen gepubliseer is, sal aanvaar word nie.<\/li>\n<li>Die volle spektrum van Afrikaans se vari\u00ebteite kan gebruik word.<\/li>\n<li>Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.<\/li>\n<li>Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees.<\/li>\n<li>Die dokument kan \u2018n maksimum van 45 A4-bladsye wees wat volgens die wedstrydre\u00ebls getik is.<\/li>\n<li>\u2018n Maksimum van sewe karakters word toegelaat.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u2018n Volledige handleiding, die re\u00ebls en inligting rakende die slypskole, is gratis op RSG se webblad beskikbaar. Besoek RSG se webblad by <a href=\"http:\/\/www.rsg.co.za\">rsg.co.za<\/a> vir besonderhede oor die kompetisie.<\/p>\n<p><strong>Hier is die skakels na die nodige inligting:<\/strong><\/p>\n<p>Kompetisie inskrywing: <a href=\"https:\/\/forms.gle\/11n1BcXMoqitY51g6\">https:\/\/forms.gle\/11n1BcXMoqitY51g6<\/a><\/p>\n<p>Registreer hier vir die slypskool: <a href=\"https:\/\/forms.gle\/hcig775UUfQ6jjtE8\">https:\/\/forms.gle\/hcig775UUfQ6jjtE8<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/slypskool-inligting_rsg-radiodramaskryfkompetisie-2025.pdf\">Slypskool inligting_RSG radiodramaskryfkompetisie 2025<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/reels-2025.pdf\">Reels 2025<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/rsg-radiodramahandleiding-2025.pdf\">RSG Radiodramahandleiding 2025<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/handleiding-en-skryfwenke_eben-cruywagen_rsg-radiodramaskryfkompetisie-2025.pdf\">Handleiding en skryfwenke_Eben Cruywagen_RSG Radiodramaskryfkompetisie 2025<\/a><\/p>\n<p><strong>Vir meer inligting, kontak Estel de Beer Senior Regisseur Mandaat: Drama en Opvoedkunde.<br \/>\n<\/strong><strong>E-pos: estel@rsg.co.za<\/strong><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-skerm.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-56803\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-skerm.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"338\" \/><\/a><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"29ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie aangekondig","cover-image":"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-skerm.png","short-description":"RSG bied met trots die 29ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie aan. Tydens die kompetisie kry skrywers die geleentheid om hul hand te waag aan \u2018n radiodrama. Talle van RSG se gesoute skrywers het heel eerste pen op papier gewaag toe hulle vir die RSG-Radiodramaskryfkompetisie ingeskryf het.\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-google-banner.png\"><img class=\"aligncenter wp-image-56804\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-google-banner.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"150\" \/><\/a>\n\nDie kompetisie is uniek omdat dit aan skrywers gratis hulpbronne verskaf. RSG is ook opgewonde dat daar weer in 2025 in samewerking met die ATKV gratis slypskole in Johannesburg en Kaapstad aangebied word. Deelnemers sal ook die opname van \u2019n kort radiodrama kan bywoon en kenners sal die fynere kunsies van radiodrama deel.\n\nDie totale prysgeld is vanjaar R115 000. Die algehele wenner ontvang R50 000, die naaswenner R25 000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15 000.\u00a0 Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang. \u2018n Bykomende merieteprys van R10 000 word toegeken aan \u2018n drama wat deur die beoordelaars gekies word uit die finaliste wat nie vir die vier topposisies kwalifiseer nie.\n\nBuiten die prysgeld word die wendramas ook in 2026 op RSG uitgesaai.\n\nDie sluitingsdatum vir die kompetisie is <strong>31 Julie 2025.<\/strong> Inskrywings kan slegs aanlyn ingedien word.\n\n[caption id=\"attachment_56806\" align=\"alignright\" width=\"200\"]<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atr-sonel-brits.jpg\"><img class=\"wp-image-56806\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atr-sonel-brits.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"248\" \/><\/a> Son\u00e9l Brits[\/caption]\n\nRSG is opgewonde om hierdie jaar die gesogte kompetisie saam met die ATKV aan te bied. \u201cDie ATKV is trots om die 29ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie te ondersteun. Om in mense se lewens te bel\u00ea deur geleenthede in hul moedertaal te skep, is ons grootste vreugde en ons belangrikste plig\u201d, s\u00ea Son\u00e9l Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW.\n\nDie ATKV glo dat hierdie kompetisie \u2019n nuwe geslag radiodramaskrywers skep en s\u00f3 bou aan die relevansie van radioteater. Brits voeg by dat kompetisies soos hierdie \u2019n bydrae lewer tot ons taal se groei en vooruitgang.\n\nDie ATKV is opgewonde oor die nuwe seisoen en ook oor radiodramas se voetspoor wat vergroot word danksy digitale en sosialemediaplatforms.\n\n[caption id=\"attachment_55783\" align=\"alignright\" width=\"200\"]<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/marion-erskine-by-clare-clark-photography-9-scaled.jpg\"><img class=\"wp-image-55783\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/marion-erskine-by-clare-clark-photography-9-scaled.jpg\" alt=\"\" width=\"200\" height=\"228\" \/><\/a> Marion Erskine by Clare Clark Photography 9[\/caption]\n\nMarion Erskine is in 2024 as die algehele wenner aangewys en s\u00ea dat \u201cdaar min dinge so betowerend vir \u2019n skrywer is as om te hoor hoe hul woorde tot lewe kom.\u201d\n\nVolgens hom skep \u2018n skrywer \u2019n storie uit 'n gewone idee, en dan kom \u2019n regisseur, talentvolle akteurs en klankkunstenaars saam om dit met hul unieke sprankel te omskep in iets groot. Die woorde op wit papier, word \u2019n werklikheid. Dit word \u2019n storie wat voel, asemhaal\u00a0en\u00a0mense\u00a0raak.\n\nDie basiese riglyn vir die kompetisie is as volg:\n<ul>\n \t<li>Daar is geen voorgeskrewe tema nie.<\/li>\n \t<li>Inskrywings\u00a0 moet nuwe en oorspronklike radiodramas wees. Geen verwerkings van bestaande materiaal of verhoogdramas of stories wat al voorheen gepubliseer is, sal aanvaar word nie.<\/li>\n \t<li>Die volle spektrum van Afrikaans se vari\u00ebteite kan gebruik word.<\/li>\n \t<li>Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.<\/li>\n \t<li>Die duur van die dramas moet tussen 40 en 50 minute wees.<\/li>\n \t<li>Die dokument kan \u2018n maksimum van 45 A4-bladsye wees wat volgens die wedstrydre\u00ebls getik is.<\/li>\n \t<li>\u2018n Maksimum van sewe karakters word toegelaat.<\/li>\n<\/ul>\n\u2018n Volledige handleiding, die re\u00ebls en inligting rakende die slypskole, is gratis op RSG se webblad beskikbaar. Besoek RSG se webblad by <a href=\"http:\/\/www.rsg.co.za\">rsg.co.za<\/a> vir besonderhede oor die kompetisie.\n\n<strong>Hier is die skakels na die nodige inligting:<\/strong>\n\nKompetisie inskrywing: <a href=\"https:\/\/forms.gle\/11n1BcXMoqitY51g6\">https:\/\/forms.gle\/11n1BcXMoqitY51g6<\/a>\n\nRegistreer hier vir die slypskool: <a href=\"https:\/\/forms.gle\/hcig775UUfQ6jjtE8\">https:\/\/forms.gle\/hcig775UUfQ6jjtE8<\/a>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/slypskool-inligting_rsg-radiodramaskryfkompetisie-2025.pdf\">Slypskool inligting_RSG radiodramaskryfkompetisie 2025<\/a>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/reels-2025.pdf\">Reels 2025<\/a>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/rsg-radiodramahandleiding-2025.pdf\">RSG Radiodramahandleiding 2025<\/a>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/handleiding-en-skryfwenke_eben-cruywagen_rsg-radiodramaskryfkompetisie-2025.pdf\">Handleiding en skryfwenke_Eben Cruywagen_RSG Radiodramaskryfkompetisie 2025<\/a>\n\n<strong>Vir meer inligting, kontak Estel de Beer Senior Regisseur Mandaat: Drama en Opvoedkunde.\n<\/strong><strong>E-pos: estel@rsg.co.za<\/strong>\n\n<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-skerm.png\"><img class=\"aligncenter wp-image-56803\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/atkv-x-rsg-skryf-skerm.png\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"338\" \/><\/a>\n\n<strong>\u00a0<\/strong>\n\n&nbsp;\n\n&nbsp;","image-gallery":[],"featured":"","comment-feature":"","main-featured":""},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-82247","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82247","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82247"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82247\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/82035"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82247"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=82247"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}