{"id":82289,"date":"2025-04-11T02:55:50","date_gmt":"2025-04-11T00:55:50","guid":{"rendered":"http:\/\/jhb-webdevelopers\/rsg-fm\/rsg-nou\/wendramas-en-100-jr-van-afrikaans-in-ons-nuwe-radioteaterseisoen\/"},"modified":"2025-08-03T17:33:23","modified_gmt":"2025-08-03T15:33:23","slug":"wendramas-en-100-jr-van-afrikaans-in-ons-nuwe-radioteaterseisoen","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/wendramas-en-100-jr-van-afrikaans-in-ons-nuwe-radioteaterseisoen\/","title":{"rendered":"Wendramas: 3e pryswenner se drama volgende te hoor"},"content":{"rendered":"<p>Ons eerste Radioteaterseisoen van 2025 begin op 3 April en duur tot 26 Junie, \u00a0elke Donderdagaand om 20:00. Luisteraars kan uitsien na oorspronklike wentekste, onvergeetlike stories en \u2018n paar verrassende nuwe klanke.<\/p>\n<p>Die RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV gee skrywers die geleentheid om hulle skryfvernuf te toets, \u2018n kans te staan om groot prysgeld te wen, en hulle werk op die radio te hoor. Die ATKV en RSG is opgewonde om 2024 se wendramas en die belegging wat in skrywers gemaak word, ten toon te stel.<\/p>\n<p>Alle dramas is n\u00e1 uitsending op potgooi beskikbaar.<\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/rsg-radioteaterseisoen-skop-af\/\">RSG-Radioteaterseisoen skop af<\/a><\/h2>\n<p>RSG se dramaseisoen skop vanaand af met die eerste drama wat om 20:00 uitgesaai word. Luisteraars kan uitsien na oorspronklike wentekste van die RSG Radiodramaskryfkompetisie, wat ons saam met die ATKV aanbied. Daar is onvergeetlike stories en \u2018n paar verrassende nuwe klanke. Al die dramas is op potgooi beskikbaar, en dis uiters gewild. Om ons te vertel van hierdie seisoen, sluit RSG se dramahoof, Estel de Beer, by ons aan.<\/p>\n<p><strong>17 April<\/strong><em><br \/>\nLyne wat kruis <\/em>deur Wilmi Wheeler het die derde plek behaal, en vertel van Janine (Izel Bezuidenhout), vol twyfel en vars in die grootmensw\u00eareld. Lindsay, \u2019n meer ervare kollega, gooi vir haar \u2019n reddingsboei: \u2019n lys van kli\u00ebnte. Maggie is vasgevang in \u2019n toksiese huwelik en met elke gesprek trek sy Janine al dieper in haar w\u00eareld in. Pietie Beyers het hierdie aangrypende verhaal geregisseer met bekende spelers soos Izel Bezuidenhout, Heidi Mollentze, Erin Patience, Johny Klein en Rian Terblanche in die rolverdeling op 17 April.<br \/>\nLees meer oor die drama.<\/p>\n<p><strong>18 April<\/strong><br \/>\nDie Paasdrama uit die argief, <em>Die le\u00eb graf (2020), <\/em>kan op 18 April om 14:00 \u00a0weer gehoor word.\u00a0 \u00a0Nikodemus (Richard van der Westhuizen) beleef \u2018n geloofstryd. Kan hy sy posisie in die Sanhedrin prysgee om Jesus openlik te bely, of skuil hy vir die res van sy lewe onder die dekmantel van die nag?\u00a0 Helena Hugo is die skrywer en regisseur met Lochner de Kock, Richard van der Westhuizen, Pietie Beyers, Francois Stemmet, Ria Smit en Charlie Bouguenon in die rolverdeling.<\/p>\n<p><strong>24 April<\/strong><em><br \/>\nLeniesgif, <\/em>deur Hendie Grobbelaar, is die naaswenner van die skryfkompetisie en kan op 24 April gehoor word. Benjamin de Kai (Carel Nel) is \u0149 uitgebrande hygromanskrywer. Sy uitgewer se nuwe assistent, Dania, stuur hom na Leniesgif om te fokus en skryf. Daar is wel \u2018n paar verrassings wat wag. Hoe pas Benjamin in Dania se plan?\u00a0 Amor Tredoux is die regisseur met Carel Nel, Conradie van Heerden, Ronel Geldenhuys, Lochner de Kock, Talana Rossouw (debuut), en Anene Loots (debuut) in die rolverdeling.<\/p>\n<p><strong>1 Mei<\/strong><br \/>\nDie 2024 wenner van \u00a0RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV was \u00a0Marion Erskine met sy futuristiese drama, <em>Konneksie<\/em>. Dawid le Roux (Anrich Herbst) is \u2018n rekenaarprogrammeerder in die jaar 2050. Hy is nie te vinde vir menslike geselskap nie, en is tevrede met sy persoonlike andro\u00efede, Amanda. Die w\u00eareld van kunsmatige intelligensie het voordele, maar ook uitdagings. Die stryd tussen mens en masjien is nog lank nie verby nie. Luister op 1 Mei na <em>Konneksie, <\/em>\u00a0met Johan Rademan as regisseur en Anrich Herbst, Karli Heine, Denver Vraagom, Ilne Fourie, Deon Lotz, Sharfa du Plessis en June van Merch in die rolverdeling.<\/p>\n<p><strong>8 Mei<\/strong><br \/>\nAfrikaans as amptelike taal word in 2025 100 jaar oud en RSG-Radioteater het seker gemaak daar is genoeg drama en intrige om die taal se kleurryke verskeidenheid ten toon te stel. Eben Cruywagen het reeds in die tweede seisoen van 2024 die viering ingelui met\u00a0 verwerkings van twee kortverhale<em> Ou Leeumelker <\/em>deur JWF Grosskopf en <em>Gelykheid en broederskap<\/em> deur Abel Coetzee, asook \u2018n verwerking van \u00a0<em>Die Sprinkaanbeampte van Sluis<\/em><em>,<\/em> deur Jochem van Bruggen in \u2018n kort vervolgverhaal.<\/p>\n<p>Die Sprinkaanbeampte van Sluis \u2013 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooi-resultaat\/?_sf_s=Sprinkaan&amp;_sft_category=middagvervolgverhaal-potgooi\">Luister hier<\/a><\/p>\n<p>Ou Leeumelker \u2013 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooi-resultaat\/?_sf_s=Ou%20leeumelker&amp;_sft_category=radioteater-potgooi\">Luister hier<\/a><\/p>\n<p>Gelykheid en Broederskap \u2013 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooi-resultaat\/?_sf_s=Gelykheid%20en%20&amp;_sft_category=radioteater-potgooi\">Luister hier<\/a><\/p>\n<p>Afrikaans is op 8 Mei 1925 as amptelike taal verklaar. RSG-Radioteater bied op di\u00e9 dag \u2018n spesiale radiodrama <em>Ken jy vir Fytjie Eland?<\/em> aan, deur Eben Cruywagen. \u00a0Fytjie (Claudia Jones) is verlief op Tariq, maar dit dra nie haar ouers se goedkeuring weg nie. Dis die jaar 1913. Fytjie loop weg saam met Tariq. In \u2018n poging om haar op te spoor tref Johannes (Johny Klein) en Katrina Eland (Eloise Cupido) soveel mense aan op die pad. Tot hulle aankom by Senator Christiaan en sy vrou, Francina Brand se huis. Terwyl die Elands hulle dogter weer vind n\u00e1 \u2018n soektog van 13 jaar, word \u00a0\u2018n taal gebore. Met Lelia Etsebeth as regisseur en Johny Klein, Eloise Cupido, Claudia Jones, Solomon Cupido, Shemane Harris, Allan Dyssel en Marintha Labuschagne in die rolverdeling. Gavin Mathys van WITS is die aksentafrigter vir die opname.<\/p>\n<p><strong>15 Mei<\/strong><br \/>\nLeon van Nierop is die regisseur van, <em>As kluise kon praat<\/em>, deur Marion Erskine. Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Van Nierop het berge versit met uitdagende byklanke en regie wat die drama in vele opsigte grensverskuiwend maak. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie. Net \u2018n paar rooi gesigte en vier Elvis-maskers. Skakel op 15 Mei in om Charlie Bouguenon, Karen Wessels, Kaz McFadden, Estelle Grobellaar, Kevin Smith, Christopher van der Westhuizen en Hannes Br\u00fcmmer te hoor in hierdie boeiende verhaal.<\/p>\n<p><strong>22 Mei<\/strong><em><br \/>\nMy Japan <\/em>bly \u2018n gunsteling uit die argief. Op 11 Maart 2011 het \u0149 verwoestende tsoenami Japan getref. \u0149 Onderwyseres wat Engels in Japan onderrig het, Angelique Naud\u00e9, het die ramp eerstehands meegemaak en het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit toe in \u0149 pryswennende jeugdrama verwerk, en toe as radiodrama. Leon van Nierop het die regie behartig met Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais en Melt Sieberhagen in die hoofrolle teenoor Stefan Vermaak, Christine Voorendyk en Ursula Vorster te hore op 22 Mei.<\/p>\n<p><strong>29 Mei<\/strong><em><br \/>\nRooi Papawer <\/em>\u00a0uit die pen van SD Fourie op 29 Mei, is keurig regisseer deur Mari Snyman. \u2018n Liefdesverhaal vervleg met die Griekse mitologie vertel \u2018n verhaal van hartseer, versoening, en emosionele verlossing. Met Stephanie Baartman (debuut), Elma Potgieter, Anton Dekker, Charlie Bouguenon en Louise Eksteen in die rolverdeling.<\/p>\n<p><strong>5 Junie<\/strong><br \/>\nAlbert Maritz se <em>\u2018n Hospitaalsaal in Bloem<\/em>, roer die nostalgie wat herinner aan \u2018n tydperk van diensplig en opoffering, twee begrippe wat oorlog definieer. In \u2018n oorlogshospitaal word iets van alles in \u2018n kookpot gegooi. En binne die vier mure is min wegsteekplek. Verbeel jou jou waarnemer beskou, soos \u2018n vo\u00ebl\u00a0 van hoog af, almal se beste pogings om oorlewing. Joanie Combrink as regisseur laat hierdie verhaal op 5 Junie lewe kry.<\/p>\n<p><strong>12 Junie<\/strong><em><br \/>\nBroodlyn <\/em>plaas die fokus op Vadersdag. Die drama ondersoek die verhouding tussen \u2018n pa, Franklyn, en sy twee seuns. Na al sy suksesse besluit hy dis tyd dat sy seuns in sy voetspore volg en hy wil alles aan sy seuns oorlaat. Die stryd om bo die broodlyn uit te styg is \u2018n konstante bekommernis en kan die familie skeur of versterk. \u00a0Hein Poole is die skrywer van <em>Broodlyn<\/em> op 12 Junie.<\/p>\n<p><strong>19 Junie<\/strong><em><br \/>\nDie laaste ontsnapping <\/em>op 19 Junie, is \u2018n boeiende verhaal deur Stefaans Coetzee en Annerle Barnard, en \u0149 blik op daardie onbekende w\u00eareld in die tronk. Die tronk is egter meer as geweld, seks en dwelms. Daarom het die skrywers besluit om \u0149 menslike storie te vertel. Lupin, \u0149 gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid-Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn \u2013 die antiheld van <em>sel ses<\/em> \u2013 om hom dood te steek. Roux besluit om eerder vir Lupin te probeer help ontsnap. Die rolverdeling sluit Andre Odendaal, Mortimer Williams en JJ Roberts in. Eddie de Jager behartig die regie.<\/p>\n<p><strong>26 Junie<\/strong><br \/>\nDie seisoen sluit op 26 Junie af met \u2018n verwerking van <em>Die<\/em>\u00a0<em>Damhuis,\u00a0<\/em>deur Reinet Nagtegaal. Henri\u00ebtta Gryffenberg het die verhaal keurig verwerk vir die radio. Dit vertel die storie van die bekende restaurant Die Damhuis op Melkbosstrand. \u2018n Verhaal deur die o\u00eb van vroue wat die storm-en-drangjare van anneksasie, die stryd om eienaarskap, en die vryspreek van slawe trotseer het. Met regie deur Sophia van Taak.<\/p>\n<h2>Luister weer na die radiodramas wat reeds uitgesaai is<\/h2>\n<p><strong>3 April<\/strong><br \/>\nDie seisoen begin met die wenner in die afdeling vir jong skrywers, die twee-en-twintigjarige Shawn Day se drama, <em>Die versamelde dagboeke van ene Professor Weidemann, <\/em>met regie deur Luan Jacobs<em>.<\/em><\/p>\n<p>Die verhaal vertel van Malan (Hannes Br\u00fcmmer), \u2018n joernalis, wat die verdwyning van \u2018n professor ondersoek nadat sy dagboeke deur sy vrou gepubliseer is. Daar is vrae wat nie beantwoord kan word nie. Malan soek sonder ophou om die geheim op te los wat sy lewe begin oorheers.<\/p>\n<p>Hannes Br\u00fcmmer, Mari Molefe van Heerden, Sulette Thompson, Francois van Rensburg, Elzab\u00e9 Zietsman en Francois Stemmet is deel van die rolverdeling.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/luister-weer-na-die-jong-skrywer-wenner-se-drama-oor-die-misterie-om-die-verdwyning-van-n-kripto-professior\/\">Lees meer oor die drama, met die potgooi ingesluit.<\/a><\/p>\n<p><strong>10 April<\/strong><br \/>\nDie merietepryswenner Manie Groenewald se drama, <em>Die vrywording van Egbertus Lodewikus Appel <\/em>vertel van Stella (Rika Sennet) wat 64 word en in Huis Silwerland woon. Sy het niemand vir die geleentheid genooi nie. Haar buurman slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag \u0149 tweede gas op.<\/p>\n<p>Johny Klein is die regisseur met Rika Sennet as Stella, Tobie Cronj\u00e9 as Ockert en Luan Jacobs as Bertie in die rolverdeling.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/donderdagaand-merietewenner-se-drama\/\">Lees meer oor di\u00e9 drama en luister na die potgooi.<\/a><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Wendramas: 3e pryswenner se drama volgende te hoor","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/RadioDrama.webp","short-description":"Ons eerste Radioteaterseisoen van 2025 begin op 3 April en duur tot 26 Junie, \u00a0elke Donderdagaand om 20:00. Luisteraars kan uitsien na oorspronklike wentekste, onvergeetlike stories en \u2018n paar verrassende nuwe klanke.\r\n\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2021\/09\/drama-ateljee.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-82289","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82289","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82289"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82289\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/82060"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82289"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=82289"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}