{"id":82292,"date":"2025-04-10T03:15:18","date_gmt":"2025-04-10T01:15:18","guid":{"rendered":"http:\/\/jhb-webdevelopers\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-tel-die-dae-af-na-afrikaans-100-met-sending-van-ver\/"},"modified":"2025-08-03T17:35:07","modified_gmt":"2025-08-03T15:35:07","slug":"rsg-tel-die-dae-af-na-afrikaans-100-met-sending-van-ver","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-tel-die-dae-af-na-afrikaans-100-met-sending-van-ver\/","title":{"rendered":"RSG tel die dae af na Afrikaans 100 met &#8220;Sending van ver&#8221;"},"content":{"rendered":"<p>RSG se splinternuwe middagvervolgverhaal<em>, Sending van ver<\/em>, is spesiaal ontwikkel en geskryf deur Eben Cruywagen ter viering van Afrikaans 100.<\/p>\n<p>Luisteraars kan vanaf 7 April 2025 elke weeksdag inskakel (behalwe op 18 April, Goeie Vrydag) vir 23 episodes. Die finale episode word op 8 Mei 2025 uitgesaai, op die dag waarop Afrikaans as amptelike taal se eeufees gevier word.<\/p>\n<p>RSG se radiodrama-afdeling het reeds sedert Mei 2024 inhoud geskep wat opbou tot die Afrikaans 100-vieringe. As deel hiervan is Eben Cruywagen opdrag gegee om \u2018n reeks ou verhale te verwerk en nuwe stories te skep wat Afrikaans se ryk geskiedenis en veelsydigheid uitbeeld. Verskeie van hierdie verwerkings is reeds beskikbaar as potgooi:<\/p>\n<ul>\n<li>Die Sprinkaanbeampte van Sluis \u2013 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooi-resultaat\/?_sf_s=Sprinkaan&amp;_sft_category=middagvervolgverhaal-potgooi\">Luister hier<\/a><\/li>\n<li>Ou Leeumelker \u2013 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooi-resultaat\/?_sf_s=Ou%20leeumelker&amp;_sft_category=radioteater-potgooi\">Luister hier<\/a><\/li>\n<li>Gelykheid en Broederskap \u2013 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooi-resultaat\/?_sf_s=Gelykheid%20en%20&amp;_sft_category=radioteater-potgooi\">Luister hier<\/a><\/li>\n<\/ul>\n<h3>\u2018n Huldeblyk aan Afrikaans se verbeeldingskrag<\/h3>\n<p>Eben Cruywagen vertel: \u201cEk wou met hierdie vervolgverhaal eerstens die kreatiwiteit, veelsydigheid en aanpasbaarheid van die taal uitbeeld, asook die vermo\u00eb om neologismes te skep (al is dit op kwasiwetenskaplike terrein, soos in die verre toekoms in \u2019n sterrestelsel ver, ver van hier, om George Lucas van Star Wars-faam se bekende aanhef te gebruik). Tale wat letterlik honderde jare ouer is as Afrikaans, soos die Wes-Germaanse Duits en Nederlands, is traag om neologismes te skep. Indien ons egter in Afrikaans nie met \u2019n gepaste nuutskepping vorendag kan kom nie, plooi ons daardie vreemde woord om sodanig verafrikaans te word, dat dit inderdaad klink soos \u2019n oorspronklike Afrikaanse woord! Ek hoop dus dat die luisteraar hierdie verhaal sal beleef as \u2019n prettige spel met die wonder van die Afrikaanse taal. (En mag hierdie kosbare taal van ons iewers in die verre toekoms t\u00f3g Intergalaktiese status beleef &#8230;!).\u201d<\/p>\n<p>Die vertrekpunt vir Eben begin by \u201c<em>C.J. Langenhoven se Loeloeraai<\/em>, wat in 1923 deur Nasionale Pers Beperk uitgegee is, en word allerwe\u00eb as die heel eerste wetenskapfiksieverhaal in Afrikaans beskou. As een van die groot rolspelers om Afrikaans as amptelike taal verklaar te kry, is hierdie verhaal dan ook \u2019n huldeblyk aan C.J. Langenhoven vir sy belangrike bydrae as Afrikaanse taalstryder. Alhoewel <em>Sending van Ver<\/em> as sodanig nie as \u2019n verwerking van Langenhoven se verhaal beskou kan word nie, word daar t\u00f3g in sekere aspekte in hierdie kort vervolgverhaal gedeeltelik en baie vry geploeg met Langenhoven se kalwers. Daar word immers in 1923 op Oudtshoorn \u2019n draai gemaak waar Loeloeraai sy aardse besoek aan Neelsie, Vroutjie, Engela en Oom Stoffel bring, kompleet met Jakhals, die skaaphond en Herrie, die olifant.\u201d<\/p>\n<h2>\u2018n Ruimtereis deur tyd en taal<\/h2>\n<p>Die regisseur, Johan Rademan, gee lewe aan hierdie uitdagende vervolgverhaal: \u201cSoos <em>Loeloeraai<\/em> in 1923, is <em>Sending van ver<\/em> \u2018n toonaangewende letterkundige skat. Die genre van dialoog as opvoedkundige hefboom word kundig aangewend deur Cruywagen,\u00a0nie net om aan te sluit by die huidige debat oor taal en 100 jaar tyding nie, maar ook om te\u00a0 dissekteer en vrylik te projekteer met uitdagende aannames en gevolgtrekkings.<\/p>\n<p>\u0149 Kragtoer en &#8216;n\u00a0 &#8220;Starwars&#8221;- skouspel word geskep met \u0149 eie tyd-ruimtelike plekspesifieke taalsisteem wat geografies oor tyd en ruimte afspeel. Hoe anders word geskiedenis en geografie dan beter uitgebeeld vir die moderne oor? Die lakmoestoets l\u00ea in \u0149 werkbare,\u00a0 uitvoerbare kort vervolgverhaalstorie met radiospelers wat dit uitmuntend uitvoer &#8211; Johan Rademan.\u201d<\/p>\n<h2>Die storie<\/h2>\n<p>In die verhaal reis Loeloeraai (DeKlerk Oelofse) uit \u2018n sterrestelsel ver, ver hiervandaan na ons heelal. Onder die dekmantel van kulturele samewerking, soek die besoekers eintlik belangrike grondstowwe om hul eie planeet se oorlewing te verseker. Loeloeraai, onbewus van hierdie agenda, fokus op Sagmoedige Neelsie (Andr\u00e9 Terblanche) se strewe om Afrikaans as amptelike taal erken te kry. Dit neem hom na 1997, waar hy \u2018n jong student, Didius Deelman (Enrico Hartzenberg), ontmoet \u2013 \u2018n entoesiastiese ruimtevaartliefhebber aan die Universiteit \u00a0Stellenbosch.<\/p>\n<p>Maar Loeloeraai se besoek het \u2018n ander doel: hy soek \u2018n geheime agent uit die toekoms wat, vermom as \u2018n genetikus (Wilhelm van der Walt), probeer om die geen wat spraak moontlik maak te elimineer. Sonder kommunikasie is daar geen ontwikkeling nie \u2013 \u2018n bose plan om die \u00a0mensdom se vermo\u00eb om te kommunikeer, en dus hul grondstowwe, te beskerm. Didius word betrek by die stryd en per ongeluk reis hulle 3 000 jaar die toekoms in. Daar ontdek hulle \u2018n verwoeste Taalmonument, \u2018n w\u00eareld waar mense haweloos, stom en verarm is \u2013 die genetikus het in sy plan geslaag!<\/p>\n<p>Met \u2018n desperate terugkeer na 1997, slaag Loeloeraai en sy metgeselle daarin om die genetikus te keer en die toekoms te herstel. Op 8 Mei 5025 keer hulle terug na die Taalmonument, maar hierdie keer word hulle begroet deur die enorme Intergalaktiese Taalinstituut. Afrikaans het uiteindelik \u2018n intergalaktiese taal geword!<\/p>\n<h2>Ster-rolverdeling<\/h2>\n<p>Die produksie spog met \u2018n indrukwekkende rolverdeling, waaronder:<\/p>\n<ul>\n<li>DeKlerk Oelofse as Loeloeraai<\/li>\n<li>Anrich Herbst as Kommandeur Watwo<\/li>\n<li>Maria Vos as Cleoz<\/li>\n<li>Andr\u00e9 Terblanche as Kerneels \/ Neelsie<\/li>\n<li>Ilne Fourie as Vroutjie \/ Lenie<\/li>\n<li>Jane de Wet as Engela<\/li>\n<li>Johann Nel as Oom Stoffel<\/li>\n<li>Enrico Hartzenberg as Didius Deelman<\/li>\n<li>Sharfa du Plessis as Bonita February<\/li>\n<li>Pieter van Zyl as Keiser Maksor<\/li>\n<li>Jacques Bessenger as Kaptein Malfor<\/li>\n<li>Wilhelm van der Walt as Professor Provo van Thijn \/ Rascha Dumwar<\/li>\n<\/ul>\n<p>Luister na <em>Sending van ver<\/em><\/p>\n<p>Die eerste episode van <em>Sending van ver<\/em> word 7 April 2025 om 14:45 uitgesaai en vervolg weeksdae tot 8 Mei 2025 op RSG en rsg.co.za. Die episodes is ook beskikbaar as potgooi.<\/p>\n<p>Moenie hierdie unieke reis deur tyd en taal misloop nie! Luister RSG vir \u2018n storie wat jou verbeelding sal laat reis&#8230; dalk tot in die intergalaktiese toekoms!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"RSG tel die dae af na Afrikaans 100 met \"Sending van ver\"","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/newspaceeconomy_a_view_of_the_ocean_from_outer_space_satellite_1bcba3fc-ec4c-4d0e-8091-3bac1b8c812b-1-1.webp","short-description":"RSG se splinternuwe middagvervolgverhaal<em>, Sending van ver<\/em>, is spesiaal ontwikkel en geskryf deur Eben Cruywagen ter viering van Afrikaans 100.\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/newspaceeconomy_a_view_of_the_ocean_from_outer_space_satellite_1bcba3fc-ec4c-4d0e-8091-3bac1b8c812b-1.webp"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414,402],"class_list":["post-82292","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme","rsg-nou-kategorie-vervolgverhale-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82292","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82292"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82292\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82292"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=82292"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}