{"id":82293,"date":"2025-03-31T07:44:29","date_gmt":"2025-03-31T05:44:29","guid":{"rendered":"http:\/\/jhb-webdevelopers\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-sit-die-sprankel-in-saterdae\/"},"modified":"2025-08-03T17:47:18","modified_gmt":"2025-08-03T15:47:18","slug":"rsg-sit-die-sprankel-in-saterdae","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-sit-die-sprankel-in-saterdae\/","title":{"rendered":"RSG sit die sprankel in Saterdae"},"content":{"rendered":"<div class=\"elementToProof\">\n<p>RSG luisteraars kan vanaf April uitsien na \u2019n splinternuwe oggendprogram op Saterdae, aangebied deur Sue Pyler Slabbert.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"elementToProof\"><i>SaterdagSprankel<\/i>\u00a0sal elke Saterdag van 10:00 tot 13:00 op lug wees en reisinsetsels, landbounuus, die gewilde Saterdagresep nou <em>Sterre in die Kombuis,<\/em> nuus oor snuffelmarkte, fiksheid, pretaktwiteite vir die hele gesin en \u2018n verskeidenheid vermaak bevat.<\/div>\n<div>\n<p>Sue was voorheen mede-aanbieder van <i>Op en Wakker<\/i>\u00a0op RSG en is steeds die samesteller en aanbieder van <i>Kapityt<\/i>, elke Saterdagaand net na die\u00a0 21:00-nuus. Sy is in 2017 deur die Afrikaanse Taalraad met \u2018n Kokertoekenning vereer. Daarby is sy \u2018n veelsydige aktrise wat selfs in gewilde RSG radiovervolgverhale soos <i>Die spoke van Duinebult <\/i>gehoor is.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"elementToProof\">\u201cEk sien uit daarna om te leer hoe om meer kreatief te wees by die huis, interessante plekke te besoek soos proefeeste en staproetes asook hoe om beter om te sien na my algemene welstand,\u201d s\u00ea Sue. \u201cLuisteraars sal beslis by al die gesprekke baat vind en dit dan in hul eie lewens kan toepas. Ons verf, eet en ploeg saam tussen 10 en 1, elke Saterdag op RSG.\u201d<\/div>\n<div class=\"elementToProof\"><i><br \/>\nNaweekAktueel<\/i>, aangebied deur Est\u00e9 de Klerk, volg op Saterdae om 13:00 en dan <i>Vastrap<\/i>, met Willem Viljoen as aanbieder, om 14:00 en <i>Goue Oues<\/i>, saamgestel en aanbied deur Eloise Cupido, om 15:00.<\/div>\n<div class=\"elementToProof\">\n<p>Carla Mackenzie skuif om 16:00 agter die mikrofoon in vir <i>Top Treffers<\/i>\u00a0wanneer sy reg om die w\u00eareld reis om die jongste treffers en nuwe uitreikings met luisteraars te deel.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"elementToProof\"><i>RSG Sport<\/i>\u00a0is dan vanaf 17:00 tot 19:00 en die res van die Saterdagaandprogram is onveranderd.<\/div>\n<div>\n<h2>Vrydae en Donderdae<\/h2>\n<p>Reggie Philander gaan voortaan Vrydagaande langer saam met luisteraars kuier. <i>Skud dit<\/i>\u00a0word verleng tot en met middernag en sal dus vanaf 21:20 tot en met 00:00 op lug wees.<\/p>\n<\/div>\n<div><\/div>\n<div class=\"elementToProof\"><\/div>\n<div class=\"elementToProof\"><i>Tegnologie met Blaine<\/i>, wat elke Dinsdag- en Donderdagoggend in <em>Op en Wakker<\/em> as \u2019n insetsel uitgesaai is, word nou \u2019n volwaardige program. Blaine Jones is steeds die aanbieder en dit sal elke Donderdagaand net na Islam in Fokus volg. Skakel dus om 22:20 in of luister op potgooi.Die Sondagskedule asook die res van die week se programme bly onveranderd.<\/div>\n<div class=\"elementToProof\">\n<h2>Nog \u2018n nuwe stem<\/h2>\n<p>Die akteur Eddie de Jager, bekend om sy rolle in rolprente soos <i>Ballade vir \u2018n enkeling<\/i>\u00a0en<i>Treurgrond<\/i>, sal voortaan as kontinu\u00efteitsomroeper op RSG gehoor word. De Jager, wat ook by RSG Drama betrokke is, sal elke tweede Sondagoggend vanaf 06:00 luisteraars geselskap hou.<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"elementToProof\">\n<p>\u201cRSG se luisteraars is lojaal en uitgesproke en laat daagliks van hulle hoor,\u201d het Kobus Burger, RSG se programbestuurder, ges\u00ea. \u201cDie lekkerste lekker is om al die voorstelle te konsolideer en vir luisteraars meer te gee van dit waarna hulle smag en ook die inhoud en omroeperspoel te vergroot.\u201d<\/p>\n<\/div>\n<div class=\"elementToProof\">Vir meer inligting besoek RSG se webblad by <a href=\"http:\/\/rsg.co.za\/\">rsg.co.za<\/a>.<\/div>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"RSG sit die sprankel in Saterdae","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/Sue-Pyler-Slabbert.jpg","short-description":"RSG luisteraars kan vanaf April uitsien na \u2019n splinternuwe oggendprogram op Saterdae, aangebied deur Sue Pyler Slabbert.\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/sue-pyler-slabbert-small-web.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[424],"class_list":["post-82293","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-rsg-personeel"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82293","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=82293"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/82293\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/7513"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=82293"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=82293"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}