{"id":87330,"date":"2025-04-08T11:35:55","date_gmt":"2025-04-08T09:35:55","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-merietewenner-se-drama\/"},"modified":"2025-08-03T17:40:40","modified_gmt":"2025-08-03T15:40:40","slug":"donderdagaand-merietewenner-se-drama","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-merietewenner-se-drama\/","title":{"rendered":"Luister weer: Merietewenner se drama"},"content":{"rendered":"<div><em>Die vrywording van Egbertus Lodewikus Appel<\/em> deur Manie Groenewald, is die meriete wenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.<\/div>\n<div><\/div>\n<div>\n<div>Johny Klein is die regisseur en Rika Sennet, Tobie Cronje en Luan Jacobs is in die rolverdeling.<\/div>\n<div><\/div>\n<div>Skakel in Donderdagaand 10 April om 8 uur op RSG of rsg.co.za of op potgooi.<\/div>\n<div>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/die-vrywording-van-egbertus-lodewikus-appel-deur-manie-groenewald\/\">DIE VRYWORDING VAN EGBERTUS LODEWIKUS APPEL deur Manie Groenewald<\/a><\/h2>\n<p>Die storie<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<p>|Dit is Stella se vier-en-sestigste verjaardag in \u0149 aftreeoord.\u00a0\u00a0In \u0149 toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie.\u00a0\u00a0Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry.\u00a0\u00a0Maar dan daag \u0149 tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak en Stella dwing om met die familie-geraamtes in haar kas na vore te kom.<\/p>\n<h2><b>Van die skrywer &#8211; Manie Groenewald<\/b><\/h2>\n<div>Ek was sestien in 1957 toe daar vir die eerste keer \u0149 radio in ons huis was.\u00a0 Sedertdien laat ek nie \u2019n kans verbygaan om na radiodramas te luister nie.<\/div>\n<div><\/div>\n<div>Met die draai van die eeu poog ek om self radiodramas te skryf.\u00a0 Aanvanklik was ek nie suksesvol nie, maar in 2003 kom daar ietwat van \u0149 deurbraak toe Robert Young my as finalis van RSG se radiodrama skryfkompetisie nooi om \u0149 mentorsessie by die uitsaaisentrum by te woon.\u00a0 \u0149 Derde plek in die beginnerskategorie vir my drama Die koms van Xololo word daardie jaar toe toegeken.<\/div>\n<div><\/div>\n<div>\u0149 Paar jaar later was ek weer \u0149 finalis met <em>Anderkant die re\u00ebnblom<\/em> en in 2015 neem ek leiding in die skryf van <em>Nagmaal vir twee<\/em>, wat aan die Gebruikerskomitee \u2019n derde plek in die kompetisie besorg.\u00a0 \u0149 Jaar later is ek toe weer \u0149 finalis met B<em>esoek van die grensbreker.<\/em><\/div>\n<div>\n<p>Na die sukses van <em>Nagmaal vir twee<\/em>, neul die lede van die Gebruikerskomitee dat ons weer \u0149 radiodrama skryf.\u00a0 Om iets rondom \u0149 lotto-kaartjie te skryf word as storie-idee aanvaar.\u00a0 Ons val dadelik weg, maar ek kom gou agter die entoesiasme is nie meer daar nie en uiteindelik is ek alleen aan\u2019t skryf.<\/p>\n<\/div>\n<div>Aanvanklik het ek die storielyn ontwikkel rondom \u0149 ouer in \u0149 aftreeoord wat afgeskeep voel omdat haar kinders haar nie besoek nie.\u00a0 Sy bedink toe iets rondom \u0149 lotto kaartjie om hulle te lok.\u00a0 Met herskryf en herskryf val die lotto kaartjie weg en bly daar net Stella en die aftreeoord oor.<\/div>\n<div><\/div>\n<div><\/div>\n<div><\/div>\n<div><\/div>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer: Merietewenner se drama","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/luke-pillay-johny-klein-luan-jacobs-tobie-cronje-dipalesa-motau-en-rika-sennet-copy-3-scaled-1.jpeg","short-description":"Die vrywording van Egbertus Lodewikus Appel<\/em> deur Manie Groenewald, is die meriete wenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/rika-sennet-copy-scaled-2.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-87330","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87330","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87330"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87330\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87333"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87330"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=87330"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}