{"id":87351,"date":"2025-04-11T07:24:57","date_gmt":"2025-04-11T05:24:57","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/op-soek-na-die-feite-5-jr-na-covid-die-ander-sienings\/"},"modified":"2025-08-03T17:27:47","modified_gmt":"2025-08-03T15:27:47","slug":"op-soek-na-die-feite-5-jr-na-covid-die-ander-sienings","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/op-soek-na-die-feite-5-jr-na-covid-die-ander-sienings\/","title":{"rendered":"5 jr n\u00e1 Covid \u2013 Op soek na die ware feite: Die ander sienings"},"content":{"rendered":"<p>Dit is 5 jaar n\u00e1 die Covid pandemie. Weet ons nou meer van die virus en die vaksien? Is daar navorsing gedoen om presies te verstaan hoe covid werk, wat lang-covid is, en hoe ernstig of matig die newe-effekte van die enstof is?<\/p>\n<p>In \u2018n reeks van verskeie episodes, versprei oor \u2018n tydperk, kyk ons na alle sienings en menings om by die regte waarheid en feite uit te kom. Sedert 2019 het ons gefokus op die menings en sienings van virolo\u00eb, ICU-dokters, regeringslui, die WGO, die Departement van die Gesondheid, die NHS, die Centres for Disease Control in die VSA en ander amptelike bronne. Maar daar was en is ook dokters wat van meet af kommer oor die mRNA vaksien uitgespreek het en ander behandelingsmetodes probeer het. Hulle is stilgemaak. Maar was hulle in alle opsigte verkeerd? Maar is dit reg om dokters wat vrae vra, stil te maak? Of is dit meer wetenskaplik om navorsing te doen om hulle vrae reg of verkeerd te bewys? Hulle is reeds reg bewys dat die inperking heeltemal te lank was, en dat die virus uit \u2018n laboratorium kom. Dit is nodig om alles op die keper te beskou.<\/p>\n<p>Ons hoop om aan die einde van die reeks die volgende vrae te beantwoord op grond van soliede wetenskaplike feite:<br \/>\n1. Die eerste vraag is al grotendeels beantwoord: Kom die virus van \u2018n bosdier op \u2018n Chinese mark of uit \u2018n laboratorium in Wihan?<br \/>\nRegeringslui het aanvanklik ges\u00ea dis \u2018n bosdier. Nou is daar al min twyfel dat die virus uit \u2018n laboratorium in Wihan kom. Waarskynlik per ongeluk?<br \/>\n2. Die tweede vraag oor die lang inperking is ook grotendeels beantwoord: Daar is konsensus dat die inperkings van 700 dae totaal oorbodig was en baie ekonomiese, persoonlike en emosionele skade berokken het.<br \/>\n3. Hoe werk Covid? Is dit mikrostolsels? Is dit \u2018n erge inflammatoriese reaksie? Is dit die stekelproteien? Wat was die beste behandeling?<br \/>\n4. Wat het dokters te\u00ebgekom in die waaksorg-eenhede?<br \/>\n5. Wat was die omvang en sterftesyfer van Covid?<br \/>\n6. Hoe werk lang Covid? Wat is die insidensie?<br \/>\n7. Pas Ivermectin enigsins in die prentjie?<br \/>\n8. Die vaksiene &#8211; was dit effektief? Wat van die newe-effekte? Is die regte besluite geneem? Wat word van die gemodifiseerde m-RNA en wat van die stekelproteien?<br \/>\n9. is mRNA enstowwe veilig?<br \/>\n10. Het iemand lang Covid of vaksien-besering?<br \/>\n11. As dieselfde virus nou ontsnap, wat sal dokters nou doen?<\/p>\n<p><strong>Die ander sienings<\/strong><\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/gesondheid-9-april-2025\/\">Gesondheid 9 April 2025<\/a><\/h2>\n<p>Bly die mRNA van die Covid-enststof net \u2018n paar dae in jou liggaam? Kan die stekelprote\u00efen verbind word met ander skade, buiten hartskade?<\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/gesondheid-19-maart-2025\/\">Gesondheid 19 Maart 2025<\/a><\/h2>\n<p>Wat het die Coronavirus, wat die Covid-pandemie anders gemaak het as ander Corona-virusse? Hoe herken die liggaam \u2018n virus of ander indringer? Mari Hudon verduidelik in die eerste episode van \u2018n reeks oor die Covidvirus en -vaksiene.<\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/gesondheid-19-julie-2023\/\">Gesondheid 19 Julie 2023<\/a><\/h2>\n<p>Wat weet ons nou meer oor Covid? Wat is feit en wat is fiksie? In die eerste episode in \u2019n reeks oor \u2019n Covid-terugskouing kyk ons na inligting wat dikwels eenkant toe geskuif is of verswyg is in ons poging om by die beste moontlike wetenskaplike inligting uit te kom.<\/p>\n<div>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"5 jr n\u00e1 Covid \u2013 Op soek na die ware feite: Die ander sienings","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/covid19-1.jpg","short-description":"Dit is 5 jaar n\u00e1 die Covid pandemie. Weet ons nou meer van die virus en die vaksien? Is daar navorsing gedoen om presies te verstaan hoe covid werk, wat lang-covid is, en hoe ernstig of matig die newe-effekte van die enstof is?\r\n\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/covid19.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[390],"class_list":["post-87351","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-gesondheidoprsg"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87351","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87351"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87351\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87352"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87351"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=87351"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}