{"id":87400,"date":"2025-04-23T18:37:27","date_gmt":"2025-04-23T16:37:27","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/nuwe-oggendboekvoorlesing-die-fantastiese-mevrou-smit\/"},"modified":"2025-08-03T17:20:23","modified_gmt":"2025-08-03T15:20:23","slug":"nuwe-oggendboekvoorlesing-die-fantastiese-mevrou-smit","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/nuwe-oggendboekvoorlesing-die-fantastiese-mevrou-smit\/","title":{"rendered":"Nuwe oggendboekvoorlesing: \u201cDie Fantastiese Mevrou Smit\u201d"},"content":{"rendered":"<p>Vanaf Woensdag 24 April nooi RSG jou om in te skakel vir die splinternuwe oggendboekvoorlesing <em>Die Fantastiese Mevrou Smit <\/em>deur Elizabeth Wasserman, weeksdae om 10:45.<\/p>\n<p><strong>Wie is Mevrou Smit?<\/strong><br \/>\nSy is nie sommer net \u2019n gewone tannie op die platteland nie. Mevrou Smit is \u2019n vrou met \u2019n verlede, een wat sy nie self gekies het nie, en \u2019n vurige begeerte om weer van voor af te begin. Sy was nog altyd \u2019n oorlewende, maar nou waag sy dit om regtig te leef: om haar humeur te verloor, haar eetlus te volg, en uiteindelik haar hart oop te maak. En ja, daar\u2019s dalk \u2019n moord of twee om op te los\u2026 maar dis haar plek in die gemeenskap en haar pad na aanvaarding wat die hart van die storie vorm.<\/p>\n<p><strong>Oor die skrywer<\/strong><\/p>\n<p>Elizabeth Wasserman is \u2019n bekende stem in die Afrikaanse letterkunde. Sy is bekend vir haar karaktergedrewe verhale en spitsvondige styl. Met <em>Die Fantastiese Mevrou Smit<\/em> bring sy vir ons \u2019n storie wat lig, donker, snaaks en diep menslik is.<\/p>\n<p><strong>Die voorleser: Susanne Beyers<\/strong><br \/>\nDie voorleser, Susanne Beyers, is \u2019n geliefde stem op RSG. Sy het reeds as tiener in radioverhale begin speel en is steeds gereeld betrokke by kunsprogramme wat in die Kaapse ateljee opgeneem word. Jy hoor haar veral op Vers en Klank, Kortom of as \u2019n karakter in \u2019n radiodrama.<\/p>\n<p>Di\u00e9 ikoon van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsw\u00eareld\u00a0 het in die 1980\u2019s bekendheid verwerf as Annette (Sloet Steenkamp se vrou) in die legendariese reeks <em>Arende<\/em>. Onder die meer onlangse produksies op haar kerfstok tel <em>Sarah se Geheim<\/em>, <em>Fynskrif<\/em>, <em>Dinge van \u2019n Kind<\/em> en\u00a0 <em>Een keer om die son<\/em>, waarin sy die rol van Salie Wessels vertolk.<\/p>\n<p>Susanne beskryf haarself as \u2019n \u201cgulsige\u201d leser wat een boek na die ander kafdraf. <em>Die Fantastiese Mevrou Smit<\/em> is een van die gunstelinge wat sy die afgelope tyd gelees het, en sy geniet dit gate uit om so \u2019n \u201cwye spektrum van karakters te kan vertolk\u201d \u2013 van die vurige Mevrou Smit tot die temerige tannie Annatjie en die slinkse joernalis, Dario Farini.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n h\u00e9\u00e9rlike verhaal! En ek hoop dat die luisteraars net so baie genot daaruit sal put as wat ons tydens die opnames gehad het!\u201d<\/p>\n<p>Susanne is tans op die silwerdoek te sien as die flambojante Mienkie in die komedie <em>Die Kwiksilwers<\/em>.<\/p>\n<p>Die reeks is onder regie van die talentvolle Sophia van Taak<\/p>\n<p>Skakel elke weeksoggend om 10:45 in op RSG en ontmoet <em>Die Fantastiese Mevrou Smit<\/em> \u2013 sy gaan jou dag ophelder!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Nuwe oggendboekvoorlesing: \u201cDie Fantastiese Mevrou Smit\u201d","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/die-fantastiese-mevrou-smit.png","short-description":"Vanaf Woensdag 24 April nooi RSG jou om in te skakel vir die splinternuwe oggendboekvoorlesing <em>Die Fantastiese Mevrou Smit <\/em>deur Elizabeth Wasserman, weeksdae om 10:45.\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/die-fantastiese-mevrou-smit-1.png"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[434],"class_list":["post-87400","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-boeke-temas"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87400","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87400"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87400\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87401"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87400"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=87400"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}