{"id":87425,"date":"2025-04-30T05:55:04","date_gmt":"2025-04-30T03:55:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-donderdagaand-na-ons-wendrama-konneksie\/"},"modified":"2025-08-03T17:13:34","modified_gmt":"2025-08-03T15:13:34","slug":"luister-donderdagaand-na-ons-wendrama-konneksie","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-donderdagaand-na-ons-wendrama-konneksie\/","title":{"rendered":"Luister weer na ons wendrama &#8220;Konneksie&#8221;"},"content":{"rendered":"<p>Marion Erskine se Konneksie is die wendrama van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.<\/p>\n<p>Skakel in Donderdagaand 1 Mei om 8 uur op RSG of rsg.co.za, ook beskikbaar as potgooi en op Spotify.<\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/konneksie-deur-marion-erskine\/\">KONNEKSIE deur Marion Erskine<\/a><\/h2>\n<p><strong>Die storie<\/strong><\/p>\n<p>Verbeel jou jy is in 2050 waar Kunsmatige Intelligensie tot jou voordeel&#8230; of nadeel kan strek.<\/p>\n<p>Dawid le Roux (Anrich Herbst) is \u2018n rekenaarprogrammeerder in die jaar 2050. Hy is nie te vinde vir te veel geselskap nie, en is tevrede net met Amanda. Dawid word egter gekonfronteer met die kunsmatige w\u00eareld wat hy vir homself skep. Verkies jy eerder \u0149 kantoor vol mense en \u2018n lewensmaat of beheerde eensaamheid? \u2018n W\u00eareld van tegnologie het voordele, maar ook uitdagings. Die stryd tussen mens en masjien is nog lank nie verby nie.<\/p>\n<p><strong>Die akteurs<\/strong><\/p>\n<p>Deon Lotz, Sharfa du Plessis, Anrich Herbst, Denver Vraagom, Ilne Fourie, Karli Heine en June van Merch sal jou vasgenael voor die radio hou met al die vrae en antwoorde.<\/p>\n<p>Met regie deur Johan Rademan beloof die drama om jou by jou radio te hou.<\/p>\n<p><strong>Van die skrywer \u2013 Marion Erskine<\/strong><\/p>\n<p>In 2024 het ek met groot belangstelling die Hollywood-staking dopgehou. Dit het my laat nadink oor hoe Kunsmatige Intelligensie w\u00eareldwyd gereguleer gaan word\u2014spesifiek in Suid-Afrika. Die vinnige vooruitgang van KI roep \u2019n belangrike vraag op: Wat as ons dit nie reg beheer nie? Hoe gaan dit ons lewens be\u00efnvloed? En wat doen ons as ons reeds te laat is?<\/p>\n<p>Ek was nog altyd geboei deur stories oor tegnologie en die menslike ervaring. Klassieke werke soos\u00a0<em>2001: A Space Odyssey<\/em>\u00a0en die film\u00a0<em>Her<\/em>\u00a0het my gefassineer met hul spekulasies oor die toekoms van KI en menslike interaksie daarmee. Ek geniet dit om spanningsvolle radiodramas te skryf en wou luisteraars op \u2019n avontuur neem\u2014een wat nie net opwindend is nie, maar ook relevant vir die w\u00eareld waarin ons leef.<\/p>\n<p>Met\u00a0<em>Konneksie<\/em>\u00a0vra ek: Wat gebeur as ons grense tussen mens en masjien begin vervaag? En watter gevolge wag as ons nie betyds beheer neem nie?<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na ons wendrama \"Konneksie\"","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/marion-erskine-by-clare-clark-photography-9-scaled-1.jpg","short-description":"Marion Erskine se Konneksie is die wendrama van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/marion-erskine-by-clare-clark-photography-9-scaled-1.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-87425","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87425","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87425"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87425\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87426"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87425"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=87425"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}