{"id":87634,"date":"2025-06-13T08:02:17","date_gmt":"2025-06-13T06:02:17","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/sondae-op-rsg-midas-of-n-middagslapie\/"},"modified":"2025-08-03T16:33:24","modified_gmt":"2025-08-03T14:33:24","slug":"sondae-op-rsg-midas-of-n-middagslapie","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/sondae-op-rsg-midas-of-n-middagslapie\/","title":{"rendered":"Sondae op RSG \u2013 Midas of \u2018n middagslapie?"},"content":{"rendered":"<p>RSG luisteraars sal vanaf Sondag 6 Julie moet kies \u2013 die musiekprogram <em>Die Midas van Musiek <\/em>of \u2018n middagslapie?<\/p>\n<p>Die vyfde reeks van die gewilde\u00a0<em>Die Midas van Musiek<\/em>\u00a0begin op Sondag 6 Julie om 14:00, met RSG se programbestuurder, Kobus Burger, wat weer agter die mikrofoon sal inskuif.<\/p>\n<p>In hierdie splinternuwe reeks van dertien episodes sal die goue treffers van kunstenaars soos Tina Turner, Simply Red, Marilyn Monroe, Phil Collins, Sammy Davis Jr, die Bee Gees en vele ander gehoor word.<\/p>\n<p>In die Griekse mitologie was Koning Midas gese\u00ebn met \u2018n besondere gawe \u2013 alles wat hy aangeraak het, het in goud verander.<\/p>\n<p>Die maatstaf vir sukses in die popmusiekbedryf is dikwels goue status vir albumverkope. En tog is daar sangers, liedjieskrywers en selfs produksieleiers wat met die Midas-aanraking kon spog sonder dat hulle noodwendig daardie miljoene kortspelers of albums verkoop het.<\/p>\n<p>Hierdie reeks stel n\u00f3g van hierdie Midas-musikante bekend en is \u2018n voortsetting van die eerste, gewilde reeks wat in 2018 afgeskop het.<\/p>\n<p>Volgens Kobus Burger sal daar suiwer nostalgie, verfrissende feite asook \u2018n paar verrassings wees.<\/p>\n<p>\u201cElke <em>Midas<\/em>-program is \u2019n \u2018storie\u2019 in die kleine. Dit verras my telkens as luisteraars my vir die stories, pleks van die meesleurende musiek en immergroen liedjies bedank,\u201d s\u00ea Kobus.<\/p>\n<p>\u201cDie samestelling van\u00a0<em>Die Midas van Musiek\u00a0<\/em>is gewoonlik \u2018n opwindende snuffeltog. Buiten die musiek \u2013 waarvan daar gewoonlik hopeloos te veel is om van te kies \u2013 is dit soos om vir \u2018n paar dae in die voetspore van \u2018n besonderse kunstenaar te loop en dan ietsie van daardie ontdekkingstog in klank te deel. Ek sien daarna uit om weer Sondae saam met die luisteraars te reis en hul luilekker middae met Midas se goud te omboor.\u201d<\/p>\n<p>Luister van Sondag 5 Julie, elke Sondagmiddag om 14:00, na <em>Die Midas van Musiek <\/em>met Kobus Burger.<\/p>\n<p><strong>WAT DIE LUISTERAARS S\u00ea<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Weer eens volpunte vir jou! \u201cDie Midas van Musiek\u201d is elke keer skitterend. Dis elke kriesel navorsing en bloedsweet wat jy daarin sit deur en deur werd. Dankie!<strong>\u00a0\u2013 Hettie Sieberhagen<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>\u201cAi ek geniet jou programme so verskriklik, moet asseblief nooit ophou nie&#8230;.en jy kan maar die herhalings oor en oor weer uitsaai.\u201d <strong>\u2013 Retha le Roux, Boggomsbaai<\/strong><\/p>\n<p>\u201cJa, \u2019n WOW vir Kobus se Midas van Musiek. Ek geniet elke week. Vanoggend het trane van geluk oor pragtige herinneringe ook heerlik oor my wange gevloei. Baie dankie.\u201d <strong>\u2013 Anoniem<\/strong><\/p>\n<p>\u201cWow. Dankie baie vir jou <em>stunning<\/em> navorsing en goeie musiek. Hou so aan. Duisend dankies.\u201d <strong>&#8211; Lenette Viljoen<\/strong><\/p>\n<p>Baie dankie dat jy die afgelope paar maande my Sondagoggende so spesiaal gemaak het. Elke Midas-program was spesiaal op sy eie manier want elke kunstenaar was net eenvoudig uitsoekgehalte. Baie dankie vir jou harde werk om hierdie spesiale programme saam te stel.\u00a0<strong>\u2013 Kleintjie Cilliers, Alberton<\/strong><\/p>\n<p>Beste program ooit. Ek geniet dit vreeslik baie\u00a0<strong>\u2013 Marlene Oosthuizen\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Ek is verlief op jou kennis oor van musikante en mooi MUSIEK. Ek is baie lief vir MUSIEK en die ontspanne aanbieding is absoluut wonderbaar! Baie dankie vir programme wat ons kan neem om te\u00a0 ontspan op \u2018n musiekeiland!\u00a0<strong>\u2013 Amelia de Lange, Tzaneen<\/strong><\/p>\n<p>Maak asseblief die\u00a0\u201cDie Midas van Musiek\u201d en Kobus Burger \u2018n\u00a0 gereelde en baie dikwels deel van RSG se programme. Bravo!!! Dit was di\u00e9 beste manier om vanoggend die dag te begin! \u2013\u00a0<strong>Adri Visagie\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Baie dankie, Kobus, weer eens vir die woes lekker luisterprogram. \u2013<strong>\u00a0Rita de Clercq<\/strong><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Sondae op RSG \u2013 Midas of \u2018n middagslapie?","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kobus-Burger-new-web.jpg","short-description":"RSG luisteraars sal vanaf Sondag 6 Julie moet kies \u2013 die musiekprogram <em>Die Midas van Musiek <\/em>of \u2018n middagslapie?\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Kobus-Burger-new-web.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[409],"class_list":["post-87634","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-musiek"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87634","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87634"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87634\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87636"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87634"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=87634"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}