{"id":87702,"date":"2025-06-26T08:47:03","date_gmt":"2025-06-26T06:47:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-die-damhuis\/"},"modified":"2025-08-05T16:20:35","modified_gmt":"2025-08-05T14:20:35","slug":"donderdagaand-die-damhuis","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-die-damhuis\/","title":{"rendered":"Luister weer na &#8216;Die Damhuis&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Luister Donderdagaand na <em>Die Damhuis.\u00a0<\/em><\/p>\n<p>Die oorspronklike verhaal is deur wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, geskryf. Henri\u00ebtta Gryffenberg het dit na \u2019n radiodrama verwerk.<\/p>\n<p>In die rolverdeling isuister Erica Wessels, Lee-Ann van Rooi, Andr\u00e9 Terblanch\u00e9, David Isaacs, \u00c8mil Haarhoff, Nienke Geldenhuys en Albert Smit. Die regisseur is Sophia van Taak.<\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/die-damhuis-deur-reinet-en-dirk-nagtegaal\/\">DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal<\/a><\/h2>\n<p>Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christ<\/p>\n<p><strong>Agtergrond-inligting<\/strong><br \/>\nWat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand.<\/p>\n<p>Toe die kaptein, sy vrou, Gesina, en twee slawe \u2013 Kassien April en \u2019n jong vrou genaamd Mali \u2013 in die laat-1700\u2019s daar aangekom het, was daar nog niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan \u2019n woonhuis en ook \u2019n visskuur gebou waarin die Brands soutvis gedroog het \u2013 net soos wat daar vandag nog aan die Weskus bokkoms gemaak word.<\/p>\n<p>Die skrywer wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, het die Damhuis-restaurant vir \u2019n ruk besit en saam het di\u00e9 twee in 2018 \u2019n boek geskryf wat hierdie geskiedkundige opstal se verhaal vertel. Henri\u00ebtta Gryffenberg het dit toe baie vernuftig na \u2019n radiodrama verwerk.<\/p>\n<p><strong>Die storie<\/strong><br \/>\n<em>Die Damhuis<\/em>-radiodrama blaas lewe in strak geskiedkundige feite. Dit speel af aan die Kaap af, in die laat-1700\u2019s en vroe\u00eb 1800\u2019s en vertel die luisteraar van die pioniersgees van die Vryburgers wat uit niks vir hulle \u2019n bestaan moes opbou; Slawe wat van hul eie mense vervreem is en wie se lewe dan noodgedwonge saamsmelt met die wel en we\u00eb van hulle eienaar; En hoe die Slag van Blouberg geweldig dramatiese gevolge gehad het \u2013 in die Europese magspel in daardie dae van handelsroetes, maar ook op grondvlak, in die gewone Kaapse burgers se lewens.<\/p>\n<p>Die verhaal strek oor etlike dekades \u2013 van Christiaan en Gesina se troudag, tot ver verby hul albei se afsterwe. Dit speel af teen die agtergrond van \u2019n baie verwarrende era in die geskiedenis, toe die Kaap binne \u2019n kwessie van tien jaar eers onder Nederlandse, toe Britse, toe Bataafse en toe w\u00e9\u00e9r Britse bewind was.<\/p>\n<p>Hierdie politieke skommelinge, onsekerhede oor grondbesit en die moontlike bedreiging van \u2019n oorlog waarna Christiaan as oud-offisier dalk weer opgeroep kan word, sorg vir \u2019n spannende storielyn. Dit vertel ook hoe die hegste familiebande soms niks met bloed te make het nie.<\/p>\n<p><strong>Die akteurs en rolverdeling<\/strong><\/p>\n<p>In die twee vroulike hoofrolle sal jy vir Erica Wessels as Gesina en Lee-Ann van Rooi as Mali herken.<\/p>\n<p>Andr\u00e9 Terblanch\u00e9 vertolk die rol van Kaptein Brand en David Isaacs is Kassien April.<\/p>\n<p>Van die Brands se kinders is ook in die stuk: \u00c8mil Haarhoff speel een die oudste broers, Johannes; Nienke Geldenhuys is een van die susters, Maria, en Albert Smit vertolk die rol kleinboet Pietertjie.<\/p>\n<p>Die regisseur is Sophia van Taak.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>Donderdagaand 26 Junie om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na 'Die Damhuis'","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/die_damhuis_profile_1653906234-e1751006940473.png","short-description":"Luister weer na Die Damhuis\r\nDie oorspronklike verhaal is deur wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, geskryf. Henri\u00ebtta Gryffenberg het dit na \u2019n radiodrama verwerk.\r\n\r\nIn die rolverdeling isuister Erica Wessels, Lee-Ann van Rooi, Andr\u00e9 Terblanch\u00e9, David Isaacs, \u00c8mil Haarhoff, Nienke Geldenhuys en Albert Smit. Die regisseur is Sophia van Taak.\r\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/die-damhuis-deur-reinet-en-dirk-nagtegaal\/\">DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal<\/a><\/h2>\r\n<iframe src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/die-damhuis-deur-reinet-en-dirk-nagtegaal\/embed\" width=\"100%\" height=\"180px\" frameborder=\"0\" scrolling=\"no\" data-mce-fragment=\"1\"><\/iframe>Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christ\r\n\r\n<strong>Agtergrond-inligting<\/strong>\r\nWat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand.\r\n\r\nToe die kaptein, sy vrou, Gesina, en twee slawe \u2013 Kassien April en \u2019n jong vrou genaamd Mali \u2013 in die laat-1700\u2019s daar aangekom het, was daar nog niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan \u2019n woonhuis en ook \u2019n visskuur gebou waarin die Brands soutvis gedroog het \u2013 net soos wat daar vandag nog aan die Weskus bokkoms gemaak word.\r\n\r\nDie skrywer wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, het die Damhuis-restaurant vir \u2019n ruk besit en saam het di\u00e9 twee in 2018 \u2019n boek geskryf wat hierdie geskiedkundige opstal se verhaal vertel. Henri\u00ebtta Gryffenberg het dit toe baie vernuftig na \u2019n radiodrama verwerk.\r\n\r\n<strong>Die storie<\/strong>\r\n<em>Die Damhuis<\/em>-radiodrama blaas lewe in strak geskiedkundige feite. Dit speel af aan die Kaap af, in die laat-1700\u2019s en vroe\u00eb 1800\u2019s en vertel die luisteraar van die pioniersgees van die Vryburgers wat uit niks vir hulle \u2019n bestaan moes opbou; Slawe wat van hul eie mense vervreem is en wie se lewe dan noodgedwonge saamsmelt met die wel en we\u00eb van hulle eienaar; En hoe die Slag van Blouberg geweldig dramatiese gevolge gehad het \u2013 in die Europese magspel in daardie dae van handelsroetes, maar ook op grondvlak, in die gewone Kaapse burgers se lewens.\r\n\r\nDie verhaal strek oor etlike dekades \u2013 van Christiaan en Gesina se troudag, tot ver verby hul albei se afsterwe. Dit speel af teen die agtergrond van \u2019n baie verwarrende era in die geskiedenis, toe die Kaap binne \u2019n kwessie van tien jaar eers onder Nederlandse, toe Britse, toe Bataafse en toe w\u00e9\u00e9r Britse bewind was.\r\n\r\nHierdie politieke skommelinge, onsekerhede oor grondbesit en die moontlike bedreiging van \u2019n oorlog waarna Christiaan as oud-offisier dalk weer opgeroep kan word, sorg vir \u2019n spannende storielyn. Dit vertel ook hoe die hegste familiebande soms niks met bloed te make het nie.\r\n\r\n<strong>Die akteurs en rolverdeling<\/strong>\r\n\r\n[caption id=\"attachment_57503\" align=\"aligncenter\" width=\"600\"]<a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/andre-terblanche-david-isaacs-sophia-van-taak-erica-wessels-lee-ann-van-rooi-emil-haarhoff-voor_-albert-smit-en-nienke-geldenhuys-en-cassi-lowers-copy-scaled.jpeg\"><img class=\"wp-image-57503\" src=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/andre-terblanche-david-isaacs-sophia-van-taak-erica-wessels-lee-ann-van-rooi-emil-haarhoff-voor_-albert-smit-en-nienke-geldenhuys-en-cassi-lowers-copy-scaled.jpeg\" alt=\"\" width=\"600\" height=\"450\" \/><\/a> Agter vlnr: Andre Terblanche, David Isaacs, Sophia van Taak, Erica Wessels, Lee-Ann van Rooi en E\u0300mil Haarhoff. Voor: Albert Smit en Nienke Geldenhuys en Cassi Lowers.[\/caption]\r\n\r\nIn die twee vroulike hoofrolle sal jy vir Erica Wessels as Gesina en Lee-Ann van Rooi as Mali herken.\r\n\r\nAndr\u00e9 Terblanch\u00e9 vertolk die rol van Kaptein Brand en David Isaacs is Kassien April.\r\n\r\nVan die Brands se kinders is ook in die stuk: \u00c8mil Haarhoff speel een die oudste broers, Johannes; Nienke Geldenhuys is een van die susters, Maria, en Albert Smit vertolk die rol kleinboet Pietertjie.\r\n\r\nDie regisseur is Sophia van Taak.\r\n\r\n\u00a0\r\n\r\nDonderdagaand 26 Junie om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.\r\n\r\n\u00a0\r\n\r\n\u00a0\r\n\r\n\u00a0","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/150_die-damhuis.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-87702","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87702","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87702"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87702\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87703"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87702"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=87702"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}