{"id":87743,"date":"2025-07-03T05:55:31","date_gmt":"2025-07-03T03:55:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-verskuif-sy-klankgrense-met-bekbasaar\/"},"modified":"2025-08-05T13:12:49","modified_gmt":"2025-08-05T11:12:49","slug":"rsg-verskuif-sy-klankgrense-met-bekbasaar","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-verskuif-sy-klankgrense-met-bekbasaar\/","title":{"rendered":"RSG verskuif sy klankgrense met &#8216;Bekbasaar&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>RSG verskuif opnuut sy grense met \u2018n splinternuwe digitale klank-aanbod, <em>Bekbasaar<\/em>.<\/p>\n<p>Hierdie pasgemaakte klanklandskap sal op Donderdag 3 Julie aanlyn geloods word. \u00a0Deur \u2018n reeks unieke potgooie versterk RSG sy toewyding om diverse en boeiende inhoud aan sy luisteraars te bied. En op die koop toe het niemand \u2018n draadloos of transistorradio nodig nie!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg\/omny\/nuwe-rsg-bekbasaar-bring-spesialis-potgooireekse-aan-jou\/\"><strong>Nuwe RSG Bekbasaar bring spesialis-potgooireekse aan jou <\/strong><\/a><\/p>\n<p>Daar is \u2019n splinternuwe klank op die horison \u2013 en dis steeds 100% RSG! Meer stories, meer insig, en vars, prikkelende geselsies wat oud \u00e9n jonk sal boei. Buiten die programme wat jy daagliks op die lug volg, bring RSG nou ook iets spesiaal vir jou oorfone \u2013 spesialis-potgooireekse, eksklusief op ons digitale platforms. Di\u00e9 potgooigesprekke is spesiaal saamgestel om onderwerpe grondig en sonder tydsbeperkings aan te pak, perfek vir die nuuskierige gees wat hou van \u2018n bietjie meer diepte. Die eerste spesialispotgooi word aangebied deur Elsje van Jaarsveld.<\/p>\n<p><em>Bekbasaar<\/em> bied meer vermaak, inligting en prikkelende praatjies wat oud en jonk sal interesseer.\u00a0 Buiten die gesprekke en programme wat op lug gehoor word, sal luisteraars ook voortaan di\u00e9 aanbod eksklusief op RSG se digitale platforms aantref.\u00a0 Dit behels gesprekke wat spesiaal geskep is vir digitale platforms en wat onderwerpe indiepte sal bespreek sonder die beperking van lugtyd.<\/p>\n<p><strong>Die eerste <em>Bekbasaar<\/em> <\/strong>waarna luisteraars kan uitsien, is vanaf 3 Julie op Spotify, YouTube en rsg.co.za beskikbaar en word aangebied deur Elsje van Jaarsveld. <strong><em>Dieremaniere<\/em> <\/strong>sal luisteraars op &#8216;n fassinerende reis neem deur die w\u00eareld van dieregedrag, unieke feite, en interessante stories wat die harte van diereliefhebbers sal verower. Elsje se passie vir diere en haar kundigheid sal verseker dat hierdie potgooi insiggewend \u00e9n vermaaklik is. Elsje is self \u2018n ywerige diereliefhebber en het vir 12 jaar lank haar <em>beagle <\/em>Gabby aan haar sy gehad. Vir die eerste episode klop sy aan by die komediant-akteur Schalk Bezuidenhoudt wie se diere glo ni\u00e9 maniere het nie.<\/p>\n<p>Maar wag, Elsje raadpleeg \u2018n kenner van dieregedrag en Schalk word bemagtig met inligting en tegnieke hoe om ongemaklike situasies met sy honde met die regte benadering te hanteer.<\/p>\n<p>Die fokus van hierdie nuwe aanbod is dat luisteraars die vryheid het om enige tyd en enige plek na hulle gunsteling-inhoud kan luister \u2013 hetsy by rsg.co.za, Spotify of YouTube. Ons kan ook langer gesels, wat die moontlikheid vir indieptegesprekke makliker maak, en ook geleentheid bied om jou gunstelingomroeper, glanspersoonlikheid en kenner beter te leer ken.<\/p>\n<p>\u201cOns is ongelooflik opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk vir RSG,\u201d s\u00ea Louise Jooste, RSG se sakebestuurder. \u201cBekbasaar is \u2018n bewys dat RSG inderdaad nie grense of brieke het nie en sy vlerke lank reeds sprei om luisteraars w\u00eareldwyd nie net deur die lugwe\u00eb te bereik nie. Dit is \u2018n wegbreek van tradisionele radio en uitsaaiformate en sal verseker dat RSG op meer as een manier 24 uur per dag en sewe dae per week sy luisteraars met gehalte-luisterstof kan inspireer.\u201d<\/p>\n<p>Bekbasaar is \u2018n nuutskepping deur een van RSG se luisteraars, Suzette Gird van Ficksburg in die Vrystaat. RSG het sy sowat 1,3 miljoen luisteraars genooi om \u2018n Afrikaanse beskrywing te skep vir <em>bespoke podcasts<\/em> en Suzette het die kroon gespan met haar voorstel.<\/p>\n<p>Bekbasaar is \u2018n slim beskrywing van die klankryke aanbod wat met bekkigheid en grenslose kreatiwiteit aangebied gaan word, soos die tradisionele basaartafels wat kreun van alles en nog wat.<\/p>\n<p>Bly ingeskakel vir meer inligting oor <em>Dieremaniere<\/em> elke Donderdag en ander opwindende potgooie wat in die toekoms by RSG se digitale aanbod gevoeg sal word.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"RSG verskuif sy klankgrense met 'Bekbasaar'","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Dieremaniere.png","short-description":"RSG verskuif opnuut sy grense met \u2018n splinternuwe digitale klank-aanbod, <em>Bekbasaar<\/em>.\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/Dieremaniere.png"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[699],"class_list":["post-87743","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-bekbasaar"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87743","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=87743"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/87743\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87744"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=87743"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=87743"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}