logo_sabc_header

23:30 - 23:59

Musiek op RSG

Nou op die lug: 23:30 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:40 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Wen jou Oppiwater-kajuit heeltemal gratis!

Jy kan vir jou en jou metgesel ‘n kajuit vir twee by die Oppiwater Kunstefees van 4 – 8 April 2022 heeltemal gratis en verniet wen!!! Met die komplimente van MSC Cruises, RSG en Lefra Produksies gee ons vyf kajuite weg! RSG en Lefra se Oppiwater Kunstefees vaar aanstaande jaar van Durban af na Pomene in Mosambiek. Ons hou natuurlik Kunstefees dat die biesies bewe met meer as 20 top Afrikaanse teaterproduksies. Hoe gemaak om in aanmerking vir ‘n gratis kajuit te kom? Bespreek voor 12:00 op 30 Julie 2021, en dan kom jy outomaties in die trekking om ‘n kajuit vir 2 persone gratis te kry! Jy hoef slegs ‘n deposito van R3 000 te betaal, en die balans teen Desember. Nie net wen jy die tipe kajuit waarvoor jy bespreek het nie, maar ook kaartjies na al die feesproduksies wat jy wil sien. Wenners moet self in Durban kom. Die wenners sal op Saterdag 31 Julie op Brêkfis met Derrich bekendgemaak word. Bespreek nou by 087-630-0333 of by www.oppiwater.co.za en kom hou fees saam met Derrich Gardner, Amore Bekker en Johan Rademan en van Afrikaans se beste teaterproduksies en kunstenaars. Vir navrae, skakel Lefra by 011-815-3000 of stuur e-pos na oppiwater@rsg.co.za.

Wees deel van RSG Sport se 5-kuns oor 5 weke…

RSG doen verslag oor 5 sportgeleenthede:

  • Wimbledon se tenniskampioenskap van 6 Julie af
  • Die Britse Ope Gholftoernooi begin op 15 Julie
  • Die Tokio Olimpiese Spele van 23 Julie tot 8 Augustus
  • Die Britse- en Ierse Leeus se Rugbytoer
  • Curriebekerrugby

Vyf verslae per weeksdag om 10:20, 12:20  14:20 en net na die 4 uur en 5 uur nuus.

Vat 5 met RSG Sport!

Foto's en Video's

Eloise Pretorius

Vrydag: 05:40 - 05:55

Dr. Gert van Coller, ‘n plantpatologie-navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, vertel hoe hommeltuigtoedienings in die departement se swamdoder-deposisieproewe toegepas word. Variante van swartstam word ook bekyk, en ons vind uit watter nuwe navorsingsprojekte deur die departement begin is. Hoenderboer Jo-Andra Greegory-Cloete gee praktiese wenke oor hoe om jou hoenderboerdery met sukses op die been te kry.

Lise Swart

Vrydag: 11:30 - 12:00

Korsakoff-sindroom, ‘n vorm van demensie, is ‘n kroniese geheuesteurnis wat meestal veroorsaak word deur alkoholmisbruik.

Geen aanbieders

Vrydag: 15:05 - 15:20

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman
Regie: Mari Snyman

Episode 48: Martie maak ‘n skokkende onthulling.

Geen aanbieders

Vrydag: 19:20 - 19:30

Die monster in ‘n pot.

Fliekrubriek

young-royals-1

Young Royals (Reeks)

8/10
Ja, ek mens wag vir die gewone klagtes van “ek kyk na ‘n fliek, ek lees dit nie,” maar…
robins-wish

Robin’s Wish

7/10
Dikwels loop ‘n mens maar katvoet vir huldeblyke, want jy pink gedurig ‘n traan weg. In hierdie openhartige, eerlike…

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

skaapkop
Maandag 26 Julie 2021
Program: alhoebekker
Close Menu