logo_sabc_header

15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Stap die camino ten bate van boere in die Noord-Kaap

Die Red-‘n-plaas, Red-‘n-Gemeenskap Camino vind plaas vanaf 6 – 12 April 2024 in die Victoria-Wes distrik. Die Camino strek oor 7 dae waar stappers ’n afstand van 139 km gaan aflê. Die jaarlikse Camino is die vlagskipprojek vir die RED ’n PLAAS, RED ’n GEMEENSKAP-Rampfonds. Die rampfonds fokus daarop om landelike gemeenskappe by te staan wanneer natuurrampe in die Noord-Kaap plaasvind. Die Noord-Kaap en omliggende streke is die afgelope paar jaar geteister deur ‘n verskeidenheid rampe, veral die uitmergelende droogte, sprinkaanplae en verwoestende veldbrande. Jy kan of fisies die roete gaan stap, of deelneem aan ons virtuele uitdaging. Stap saam, of jy nou in Brakpan, Kaapstad of Duitsland bly. Almal is welkom om saam te stap, of selfs met ’n fiets of rolstoel te ry – op jou plaas, om jou kerk, skool of sommer straat af. Enige persoon kan deel raak van hierdie inisiatief om geld in te samel vir rampe in die Noord-Kaap. Gaan na https://rednplaas.org.za/ vir meer besonderhede.

Foto's en Video's

Geen aanbieders

Vrydag: 19:20 - 19:30

‘n Honger jakkals se avontuur.

Chrislynn Sias

Vrydag: 19:30 - 20:00

Chrislynn Sias gesels met Enrico Hartzenberg oor sy eerste kortfilm, Sister Dinges. Euodia Samson vertel meer oor haar selfhelpgids, Know Thyself.

Eloise Pretorius

Saterdag: 11:45 - 12:00

Warren Bam vertel hy het destyds by sy pa leer boer. Vandag is hy ‘n bekroonde organiese tafeldruifboer van Saron in die Wes-Kaap, wat die een eerbetoon na die volgende inpalm. Wat hy reeds vermag het, is bewonderenswaardig, hoewel hy gretig vertel dat hy nog lank nie klaar gedroom het nie. Warren neem ons op ‘n reis met ‘n onvergeetlike verhaal van risiko, beplanning en moed bymekaarskraap.

Geen aanbieders

Saterdag: 19:05 - 19:15

Alicia en haar speelgoedmaats leer van verskillende tale. Hulle hoor baie ander tale in die restaurant wat hulle saam met Mamma besoek. Dan loop alles skeef as Spekies Vark in die restaurant agterbly, en hy nie weet of die mense hom sal kan verstaan nie, want hy kan nie ‘n ander taal praat nie.

Fliekrubriek

nyad-1

Nyad

7/10
Annette Benning vertolk die rol van die voortvarende, dikwels verwaande, maar ystersterk swemmer, Diana Nyad. Sy het vyf keer…
masters-of-the-air-2

Masters of the Air (Reeks)

6/10
MASTERS OF THE AIR op Apple TV+ is ‘n macho-avontuur met baie borshare. Daarom word dit veral vir manne…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

filet-radys
Maandag 26 Februarie 2024
Close Menu