23:55 - 23:59

Laataandgedagte

Nou op die lug: 23:55 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 04:45 - 05:00

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:00 - 05:55

Wakker

Met Esté Gross

Laai ons nuwe toepassing af!

Moenie jou blind hou vir die probleem nie

Geweld teen vroue en kinders is een van die grootste euwels van ons samelewing. Die doel van Suid-Afrika se veldtog – 16 Dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders – is om bewusmaking te skep van hierdie ernstige probleem. Die veldtog duur van 25 November tot 10 Desember. Dit is skrikwekkend dat vroue daagliks moet deurloop onder geweld, meestal deur hulle lewensmaats. Daarom moet ons almal daaraan werk om ‘n verskil te maak in vroue en kinders se lewe. Hou jou oë en ore oop, en doen jou deel om geweld teen hierdie kwesbares hok te slaan.

Moenie jou blind hou vir die probleem nie.

RSG ondersteun met trots die 16 Dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders-veldtog!

Foto's en Video's

Eloise Pretorius

Vrydag: 04:45 - 05:00

Dr. Johann Strauss, ‘n senior navorser by die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels, praat oor die voordele van virtuele inligtingsdae wat gehou moes word in 2020. Ons praat ook met plantpatologie-navorser, dr. Gert van Coller, oor die voorkoms van aarskroei op koring.

Lise Swart

Vrydag: 11:30 - 12:00

Wat is vertroue? Hoe belnagrik is dit om dié konsep te verstaan? Hoe kan ‘n persoon vertroue opbou nadat dit verbreek is.

Geen aanbieders

Vrydag: 14:45 - 15:00

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé
Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen
Regie: Joanie Combrink

Episode 65 (slot): Hans Terblanche besef dat hy sy grootste persoonlike oorwinning juis te danke het aan die mees traumatiese ervaring in sy lewe. Die verhaal, wat in 1916 afspeel, is gebaseer op ware gebeure.

Geen aanbieders

Vrydag: 19:10 - 19:20

‘n Klein bokkie verdwaal.

Lizma van Zyl

Saterdag: 11:30 - 11:45

Mense wat in dierewelsyn werk verdien almal se respek. Hulle gee hulle kosbare tyd, dikwels teen min of geen betaling. Iemand wat haarself daagliks oor diere ontferm en ‘n verskil in talle katte en honde se lewe maak, is oudomroeper Christine Wessels. Lizma van Zyl gesels met haar oor haar uitdagende werk en die welsynskwessies wat haar na aan die hart lê.

Eloise Pretorius

Saterdag: 11:45 - 12:00

Die enorme Avozilla is ’n soort avokado wat eksklusief in Modjadjiskloof in Limpopo gekweek word. Dit was was vanjaar selfs groter as gewoonlik. Een Avozilla is normaalweg tot tien keer groter as ’n gewone avokado en weeg enigiets tussen 1.2 kg en 1.7 kg teenoor ’n gewone avokado wat net sowat 200 g weeg. Vanjaar se opbrengs weeg elkeen in die omgewing van 1.5 kg.

Johan Rademan

Saterdag: 16:30 - 18:20

Bulle teen Cheetahs in Pretoria.

Fliekrubriek

thecrown1

THE CROWN (Reeks)

7/10
Ons het dalk nou genoeg van die Prinses Diana-tragedie gehad. Nie alleen is daar alweer ‘n dokkie, The story…
sixminutestomidnight1

SIX MINUTES TO  MIDNIGHT

6/10
SIX MINUTES TO  MIDNIGHT is gegrond op die ware verhaal van Nazi’s wat hulle dogters gedurende die Tweede Wêreldoorlog…

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

frik-se-rooikool
Maandag 30 November 2020
Program: alhoebekker