05:55 - 06:00
Vroegoggendgedagte
Harsingskudding in rugby – Kyk hoe speler val, kop vashou, regop kom vir diagnose
Top Stories
Duisende Suid-Afrikaners wag op ‘n oorplanting…
Mense gaan dood man!
En niemand gee om nie!
Hoekom het jy nog nie geregistreer nie?
Doen dit nou!
www.odf.org.za
Foto's en Video's
Donderdag: 11:30 - 12:00
Dr. Thandi Wessels, ‘n distrikspediater by Tygerberg Hospitaal en ook verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se Departement Pediatrie en Kindergesondheid, vertel hoekom kinder-immunisasie so belangrik is.

Donderdag: 14:45 - 15:00
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans
Regie: Frieda van den Heever
Episode 36: Florence Viljoen en Angie Nagel besluit om druk op Buks Marais te sit. Hulle beraam ‘n slim plan, maar soms vang slim sy baas. Florence spartel om uit die verknorsing te kom. Angie Nagel word stilweg ‘n bogemiddelde speurder, en sy geniet dit om van tyd tot tyd met verrassende inligting vorendag te kom.
Donderdag: 19:30 - 20:00
Mart-Leen Oosthuizen vind uit wat dit alles verg om ‘n mediese dokter word.
Donderdag: 20:00 - 20:30
JAMBO, JAMBO KENIA deur Terrance April
Kenia, aan die ooskus van Afrika, het ‘n ryk geskiedenis. Oorblyfsels van vroeëre beskawings in die land se suidoostelike deel, kan vandag nog duidelik gesien word. Die land spog ook met pragtige natuurskoon. Benewens die bekende wildreservate is daar pragtige spierwit strande langs die ooskus. Kyk na dié land deur die oë van ‘n paar Suid-Afrikaners wat daar woon en werk, asook van die gidse by historiese plekke soos die Jesusfort in Mombasa en die Mnarani-ruïnes. Jambo beteken hallo, en die gebruik is dat die woord herhaal word om die hartlikheid van die groet te beklemtoon.
Donderdag: 21:20 - 22:10
Luister na ‘n deel uit een van Christian Cannabich se simfonieë; ‘n deel uit Edward Kunneke se operettes, DIE NEEF UIT DIE VERLEDE; en ‘n deel uit die rolprentklankbaan van THE EVENING STAR deur William Ross.
Vrydag: 05:00 - 05:15
‘n Elektroniese nuusbrief wat kwartaaliks verskyn, word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou uitgereik. Prof. Stephanie Midgeley is verbonde aan die departement Hortologie aan die Universiteit Stellnbosch, en dien ook as navorser en wetenskaplike vir klimaatsverandering en risikobestuur by die Wes-Kaapse Departement Landbou. Hy vertel wat in die nuusbrief is wat vir boere van groot waarde sal wees. Die Smart Agri Barometer bevat ook navorsingsnuus wat verband hou met klimaatsverandering. Tarryn Wettergreen van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifindustrie gee besonderhede van vanjaar se inligtingsdae wat aanstaande week afskop.
Vrydag: 11:30 - 12:00
Wie is ek? met Lise Swart
Een van die belangrikste verhoudings in die lewe is ‘n liefdesverhouding. Almal wil altyd weet wat die sukses agter ‘n langlewende verhouding of huwelik is. Is daar ‘n geheim? Ja, daar is, maar daar is ook baie misverstande en aannames wat mense se menings affekteer, tot die punt waar hulle hulle eie geluk saboteur sonder om dit agter te kom. Lise Swart praat met die ervare verhoudingsterapeut Louis Awerbuck oor die struikelblokke wat verhoudingsmaats moet oorkom, en wat volgens hom die enigste uitweg is om ware geluk in ‘n verhouding te vind.

Vrydag: 14:45 - 15:00
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans
Regie: Frieda van den Heever
Episode 37: Rossouw maak onverwags sy verskyning op Wingerdsvlei, haak sy karavaan en ry dam toe. Weldra vind Wingerdsvlei uit Rossouw is ‘n man met ‘n missie. Dis asof hy die stem geword het wat namens sy ma Rietie Rossouw en haar boesemvriendin, Michelle Marais, sê wat gesê moet word. Dit maak hom spoedig ‘n gehate man.
Vrydag: 20:00 - 21:00
Haidee Muller-Isaacs het ‘n gewilde sanger uit die ou dae, Ken J. Larkin, opgespoor vir ‘n gesprek oor sy musiekloopbaan.
Sluitingsdatum: Saterdag 13 Augustus 2022
Fliekrubriek
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
-
WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief