08:00 - 09:00

Praat Saam

Met Lynette Francis-Puren

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

alhoebekker

Met Amore Bekker

Amore Bekker

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

driesestig

Met Martelize Brink

Tuis | Aanbieders | Amore Bekker
Amore Bekker

Amore het in 2004 by RSG aangesluit.  Haar filosofie is: No guts, no glory. Sy hou gereeld praatjies oor hoe ‘n mens se instink werk en oor een van haar grootste passies in die lewe… kos. Tydens so ‘n praatjie berei sy ‘n gereg op die verhoog voor terwyl sy haar wyshede met die gehoor deel. Amore is mal oor reis en haar gunstelingstad is Istanboel. Dan het Amore ook ‘n voorliefde vir lees en praat.

Amore ondersteun ook ‘n welsynsorganisasie, BADISA, wat dienste lewer aan armoedige mense in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap. Sy onderskryf hul ‘Water vir Lewe’-projek. Dit behels die verkoop van gebottelde water om betrokkenheid uit te beeld en geld in te samel om mense te help. Soos water wat lewe gee, gee hulle hoop en betekenis aan mense in moeilike omstandighede.

In 2010 en 2011 is Amore gekies as die gewildste Afrikaanse omroeper en het al verskeie ATKV-Veertjies verower.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: