23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Amoré Swanepoel
Amore Swanepoel 1

Amoré Swanepoel

Amoré is RSG bemarkingsbestuurder. Sy het ‘n graad in kommunikasiestudies aan die Noordwes-Universiteit voltooi, asook as ‘n honneursgraad in ontwikkelingskommunikasie. In 2018 voltooi sy haar meestersgraad in besigheidsadministrasie by die Gordon Institute of Business Science.

In 2005 byt die radiogogga Amoré behoorlik, toe sy by PUKfm 93.6 (studenteradiostasie in Potchefstroom) begin as nuusleser. Hiér maak sy seker dat sy soveel as moontlik leer van die radiolandskap, en vervul sy onder meer die volgende rolle: nuusredakteur, programbestuurder, gemeenskapsprojekbestuurder, advertensiebestuurder en neem sy oor as stasiebestuurder in 2009 tot 2014.

Amoré het ook ‘n draai gemaak in die advertensieagentskapwêreld waar sy onder meer veldtogte geïmplementeer het op verskeie radiostasies, en ook later algemene bestuurder was. Voor haar werk by RSG was sy ‘n dosent in radio, advertensiewese, mediabeplanning en mediabestuur.

Amoré en haar man geniet goeie koffie, nuwe restaurante, nuwe plekke, flieks en om tyd te spandeer saam hulle dogtertjie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: