23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Aanbieders | Anna-Marie Jansen van Vuuren
Anna-Marie Jansen van Vuuren web

Anna-Marie hou van rolprente: die storie, die inhoud, die uitbeelding en die visuele aspekte daarvan. Dit is was ook die onderwerp waarin sy haar doktorsgraad by die Universiteit van Pretoria verwerf het. Haar loopbaan het egter by joernalistiek begin. Ná vier jaar by Tuks se studentekoerant, Perdeby, asook ‘n jaar internskap by Tshwane Beeld, het sy in 2006 die eerste keer as ‘n vryskut joernalis by  RSG se aktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum en Naweekaktueel begin werk. Sedertdien is sy ʼn gereelde stem op die draadloos. In hierdie hoedanigheid is sy ook in 2016 én 2019 met ATKV Mediaveertjies vereer. Aan die kreatiewe kant was Anna-Marie onder meer ʼn draaiboekskrywer vir drie kinderreekse (Lappies Leeu, Thabong Thabong en Rivoningo) gevolg deur twee speelfilms: Wolf WolfHoe laat is dit? en Babalas. Gedurende al hierdie jare is sy ʼn trotse lid van die WGSA (Writers Guild of South Africa). Deesdae is Anna-Marie ʼn professor en navorsinghoof by die filmprogram, Departement van Visuele Kommunikasie, Fakulteit van Kuns en Ontwerp, by die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Wanneer sy nie klasgee of vergaderings bywoon nie, werk sy aan ʼn biografie oor die veteraan-rolprentmaker, Koos Roets.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: