15:00 - 16:00

RSG Konsertbederf

Met Willem Pelser

Nou op die lug: 16:00 - 17:00

Spesiale uitsending

Met Flip Loots

Flip Loots

Volgende: 17:00 - 18:00

Dis gospel

Met Jacqui January

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Aanbieders | Anthea Fredericks
anthea-fredericks-small

Anthea Fredericks is opgelei as joernalis, en het kort voor die totstandkoming van Suid-Afrika se nuwe demokratiese bestel in 1992 sak en pak na die Goustad verhuis. Daar het sy haar tande as radionuusverslaggewer by die SAUK geslyp. Tydens die politieke onluste kort voor die 1994 verkiesing is sy raakgeskiet, maar het mikrofoon in die hand oorleef om die storie te vertel!

Na twee jaar trek sy terug na haar geliefde Kaapstad, en word later deur RSG opgeraap as omroeper. Ná meer as agt jaar verlaat sy die stasie om op haar gesin te fokus, tot ‘n plaaslike radiostasie haar weer nader gesleep het om by die nuuskantoor aan te sluit. In 2021 groet sy die stasie ná meer as tien jaar, maar radio was nog lank nie klaar met haar nie! Sy’s baie opgewonde om weer voor die RSG-mikrofoon in te skuif.

Anthea is ‘n weduwee met drie pragtige dogters.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: