Blaine Jones is van Bloemfontein, maar woon tans in Johannesburg. Hy het by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus gestudeer, waar hy ‘n graad in kommunikasie behaal het. Hy het as joernalis by OFM en die Bloemfontein Courant gewerk, en is ‘n deeltydse fotograaf. In sy vrye tyd hou hy daarvan om gimnasium toe te gaan, tyd met vriende en familie deur te bring, en om te reis en nuwe en onvergeetlike oomblikke te maak.