07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Anthea Fredericks

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Aanbieders | Brenda Barlow-Steyn
Brenda Barlow-Steyn

Brenda Barlow-Steyn

Brenda het in 1998 by SAUK Radionuus op RSG se bulletinburo aangesluit. Vir haar was dit ‘n droom wat bewaarheid is, want sy het as kind al die radio teen haar oor gehad en gedroom om eendag by die SAUK te werk.

Deesdae hou sy haar lyf redakteur en nuusskrywer van RSG se nuus. Sy is verantwoordelik vir al die redaksionele aspekte van nuus, soos die nagaan van feite, vertaal, herskryf, taalversorging en saamstel van die nuusbulletins, asook opvolg van stories indien inligting onvoldoende is. Verder hou sy ook haar oor gerig op Monitor en Spektrum vir ‘n ander hoek van ‘n storie vir latere opvolgwerk.

“Die bulletinburo is die finale hekwag voordat die nuus gelees word, dus is jy net so goed soos jou laaste storie”, sê sy.

Brenda benader die lewe met integriteit, lojaliteit, opregtheid, soms tot haar nadeel, maar dis hoe sy rustig slaap. Sy beskou haar soms as ‘n beheervraat en perfeksionis, maar met die jare het sy geleer om te ontspan. “Ek was nie meer die plafonne nie!” sê sy.Brenda sien haarself as ‘n raakvatter en planmaker en sukkel om lui, onopregte, oneerlike en veral passiewe mense te hanteer.

Sy sou baie graag die wêreld vol wou reis en sal dit nog eendag doen. Maar vir nou is sy meestal ‘n huishen, maar sy kan ook baie sosiaal wees en hou daarvan om uit te gaan en te kuier. Brenda het ‘n wye leesbelangstelling van ‘n goeie ou roman tot ernstiger leesstof en sy verslind politieke en finansiële menings en ontledings. Sy is mal oor musiek en glo sy was in haar vorige lewe ‘n groot rock-ster. Sy is betrokke by haar woonbuurt se gemeenskapspolisiëringsforum, waar hulle deur middel van radioverbinding die buurt probeer beveilig. Sy werk graag in die tuin, is haar eie nutsman en stoffeer ook meubels, veral antieke meubels.

Brenda is lid van die Nasionale Persklub nog ‘n droom wat bewaarheid is, wat sy al van skooltydgehad het. Diere is haar passie. Sy sê as sy ‘n liefdadigheidsorganisasie moet ondersteun sal dit enigiets wees wat met die rehabilitasie van diere te doen het – hulle verduur baie meer as mense, sonder om daaroor te kla.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: