23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Chrislynn Sias
Chrislynn Sias small web

Chrislynn Sias

Chrislynn is ’n joernalis in murg en been, en dit was altyd haar plan om die uitsaaibedryf te betree. Sy het na matriek gaan studeer by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) waar sy ’n nasionale diploma voltooi het. Sy het al by van die land se grootste Afrikaanse publikasies gewerk, waaronder Son, Huisgenoot en Kuier, waar sy tans ’n joernalis is.

Chrislynn is ’n lewenslustige en leergierige mens. Haar hartsbegeerte is om nuwe lewe in mense se stories en harte te blaas. “Om mense se stories te vertel, is deel van my DNS. Soms is al wat mense nodig het ’n oor wat luister en iemand wat hulle emosies en lewensverhaal kan neerpen. Daai kyk in hul oë en opregte dankbaarheid is een wat my hart warm laat klop.”

Sy is baie opgewonde oor die nuwe geleentheid by RSG. “Afrikaans is my taal – die taal waarin ek leef, droom en werk. Dit is my brood en botter, my hartstaal en een waarin ek nou ’n opwindende geleentheid kry om met luisteraars te kommunikeer. Ek kan nie wag om aan die werk te spring nie!”

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: