23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Christelle Webb-Joubert
Christelle Webb-Joubert small web

Christelle Webb-Joubert

Christelle voltooi haar BA Drama graad in 1997, waarna sy haar HOD doen asook haar BA Drama (Hons). Sy vryskut vir ‘n hele paar jaar waar sy van poppekas en kinderteater tot produksiebestuur en regie doen. Sy sluit haar in 2003 aan by RSG as die karakter Melody Maynard in die radiovervolgverhaal, Blinkwater. In 2004 begin sy as omroeper waar sy al aanbieder van verskeie programme op die radiostasie was o.a. Geestesgesondheid. Sy is tans die aanbieder en vervaardiger van RSG kuns en Skuif nader. Saam met kollega Renske Jacobs was hulle die skeppers van die gewilde kinderprogram Poen en Toekie, ook op RSG.

Sy was vir twee  jaar boekeredakteur by Lééf en ook regisseur van talle radiodramas en middagvervolverhale. In April 2021 stel sy en die aktrise Juanita de Villiers, die platform Lekker Luister bekend. Lekker Luister is ‘n webtuiste en toepassing waarop kinders na oudiostories kan luister.

Sy is getroud met die liefde van haar lewe, Henry Joubert, en hulle het ‘n seun Lukas.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: