06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 08:00

Binnekamer

Met Lizelle de Bruin

Lizelle de Bruin

Volgende: 08:00 - 09:00

Loof die Here

Met Magdaleen Krüger

09:00 - 09:40

Oggenddiens

Tuis | Aanbieders | Ettienne Ludick
Ettienne-Ludick-web

Ettienne sluit in 2004 by RSG aan as deel van die Tjailatyd-span. Sederdien het hy 10,000 ure op lug verbygesteek, en alles van musiek-, sport- en gesels- tot selfs klassieke musiekprogramme aangebied. Praat, musiek en sport is in sy bloed, en dis ‘n droom wat bewarrheid is om sy passie vir uitsaai op radio te kan uitleef. Deur die jare ontvang hy ‘n sak vol ATKV-Mediaveertjies en ‘n handvol nasionale sportuitsaaitoekennings vir sy werk.

Weg van die mikrofoon word daar konstant na avontuur en die vreemde gesoek, omdat ‘n mens net moet bestaan nie, maar moet leef. Hy het al gereksprong van die Moses Mabhida-stadion se boog af en vryval uit ‘n vliegtuig gedoen. Fietsry is een van sy gunsteling aktiwiteite om fiks te bly en vet te verbrand. Daar is ‘n padfiets én ‘n bergfiets in sy huis. O, ja… hy hou ook van braai…

Ettienne is getroud met Martie. Hulle het twee seuns, Endre en Luken.

“Die wat sê hulle kan, en die wat sê hulle kan nie, is albei gewoonlik reg.”
“Vrees is ‘n illusie.”

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: