23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Aanbieders | Frieda van den Heever
Frieda van den Heever

Frieda van den Heever

Met die voorletters FM (Frieda Maria) was ‘n voorliefde vir klank en musiek seker maar ‘n gegewe. Die radio in die kar as ons langpad ry, soggens van vroeg tot laat op ‘n klein dorpie in Namibië sonder kleuterskool, altyd aan, altyd met ons. Later in die skool op Springbok waar ek omtrent my bene kort gehardloop het na ‘n skooldag om betyds by die huis te kom, my tas neer te gooi en die middagstorie aan te sit. Vasgenael. Ek en die radio was so dik bevriend dat ek selfs ‘n frekwensie ontdek het waarop ek en my vriendin van die foongesprekke tussen my pa (die dominee) en die gemeentelede kon afluister. Tot ons uitgevang is, natuurlik. Ons eie Springbok-radio…

Toe ek sestien jaar terug, nog aan’t drama swot op Stellenbosch, in die SAUK se ateljee in Seepunt instap om in my eerste drama te speel, het ek uiters groen en terselfdertyd baie tuis gevoel. Ek het egter nooit kon dink dat ek so meegevoer sou raak met die mense, die reuke van die ateljees, die magic van klankmaak nie!

Ek sluit aan by die RSG-span om my liefde vir woorde en wysies, klanke en die stiltes tussenin in Vers en Klank en Kortom gestalte te gee. Ook om my mentor, vriendin, mede-Bostonbewoner en “national treasure” (soos iemand nou die dag tereg opgemerk het) Margot Luyt, te eer.

Ek woon in Boston in die lane saam met my gesin en hou van die lewe met elke dag wat anders lyk. Ek is deeltyds leraar by InVia Gemeente in die Kaap, bied jogaklasse aan, skryf en maak musiek op my rooi klavier, doen hier en daar ‘n konsert, stemwerk vir advertensies en musikale regie vir shows en teaterproduksies.

Vir my is soutwater – die see (veral die weskuswater by McDougallsbaai), sweet en trane – werklik die wonderkuur vir omtrent alles in die lewe. Dít en om te dans, daagliks te dans. En om hard en lekker te lag. En o ja, om diep asem te haal.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: