15:05 - 15:20

Middagvervolgverhaal

Nou op die lug: 15:20 - 18:00

Spitstyd

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 18:00 - 18:10

Nuus & Weer

18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Aanbieders | Graig-Lee Smith
Graig-Lee_Smith

Graig-Lee Smith

Graig-Lee is RSG se programbestuurder.

Graig-Lee het van ‘n jongs af geweet hy wil eendag in die uitsaaibedryf werk. Hy het na matriek gaan studeer by die Kaap Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) waar hy ‘n nasionale diploma en later ‘n Baccalaureusgraad (B.Tech) in joernalistiek voltooi het. Hy het later by van die land se grootste Afrikaanse publikasies gewerk, waaronder Beeld, Netwerk24 en Health24. Hy is ook geen vreemdeling by RSG nie – hy was die aanbieder en regisseur van programme soos Kompas en Met Raad en Daad. Oor die jare het hy by Primedia Broadcasting (KFM, CAPE TALK, 702 en 947) gewerk as verslaggewer, regisseur en nuusleser. Hy het ook by ENCA, Enuus, Nuusdag en eTV News gewerk.

Sy passie was nog altyd om mense se stories te vertel. “My hoogtepunte was om daardie klein dorpies in Suid-Afrika te besoek en om die blydskap op mense se gesigte te sien wanneer jy hulle ‘n kans gee om hulle hart op te maak.”

Graig-Lee is aangewys as een van Suid-Afrika se top 200 jongmense in die 2021 Mail & Guardian se Jong Baanbrekers-inisiatief.

Hy is baie opgewonde oor sy aanstelling by RSG. “Dit is baie lekker om terug te wees by die huis, en ek kan nie wag om volstoom te begin werk nie. RSG was, en sal altyd my huis wees.”

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: