07:00 - 08:00

Binnekamer

Met Lizelle de Bruin

Nou op die lug: 08:00 - 09:00

Loof die Here

Met Magdaleen Krüger

Magdaleen Krüger

Volgende: 09:00 - 09:40

Oggenddiens

09:40 - 10:00

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Gustav Greyling
Gustav Greyling

Gustav Greyling

Gustav Greyling het in 2019 by RSG aangesluit, maar soos meeste Afrikaanse mense het hy ook met die Afrikaanse radio in al sy vorige gedaantes grootgeword en mens geword.

Gustav werk as ‘n mediakonsultant en joernalis. By RSG versorg hy die stasie se musiekspeellys terwyl hy ook ‘n omroeper en nuusleser is.

Gustav was van 2012-2019 ‘n bekende gesig op die Afrikaanse TV-nuusbulletin, eNuus, wat saans om 19:00 op kykNET uitgesaai word. Tydens hierdie periode was hy ook ‘n aanbieder op die Engelse nuuskanaal eNCA.

Van 2003-2012 was hy in verskeie hoedanighede betrokke by die kommersiële streeksradiostasie Jacaranda FM. Hy het hier aanvanklik gewerk as ‘n vervaardiger en advertensie-skeduleerder. Maar tydens die laaste ses jaar was hy dié stasie se Musiek- en Skeduleringsbestuurder en was ook verantwoordelik vir verbruikersnavorsing.

Gustav het voor 2003 by verskeie kampus- en gemeenskapsradiostasies gewerk en was in die laat negentigerjare ‘n aanbieder op OFM in sentraal Suid-Afrika. Hy was destyds ook ‘n stigterslid van wat nou die gewilde Namibiese stasie, Kosmos 94.1, is.

Gustav is ‘n opgeleide pianis en orrelis, wat lank gelede sy UNISA Graad 8-eksamen geslaag het, en hou daarvan om sy passie vir diepte-joernalistiek uit te leef deur nou en dan ‘n artikel te skryf vir wie dit ook al graag wil publiseer.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: