23:55 - 23:59

Laataandgedagte

Nou op die lug: 23:55 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 04:45 - 05:00

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:00 - 05:55

Wakker

Met Esté Gross

Tuis | Aanbieders | Haidee Muller
Haidee Muller

Haidee Muller is op die volstruisdorp Oudtshoorn gebore. “Maak nie saak hoe lank gelede nie,” grinnik sy. Na 10 jaar as joernalis by Huisgenoot het dié borrelende plattelander toe uiteindelik haar nis gevind – RADIOWERK. 

Haidee glo vas dat elke liewe mens ‘n storie het, daarom gaan soek sy gereeld stories (wat sy self opneem en vervaardig) oor Jan Alleman vir die program 360 met Martelize Brink en Johan Rademan. Daarby is sy ook die aanbieder van die plaaslike musiekprogram Oppiradio (Vrydae 20:00), die musiekprogram met die goeie goue oues, Haidee se Wegtreknommertjies (Saterdae 19:20) en die natuurprogram Hoe Verklaar Jy Dit? (Sondae 11:30). Tussendeur timmer sy so nou en dan ook dokumentêre programme vir die stasie aanmekaar.

Haidee het ’n BA-graad in politiek en sielkunde aan Rhodes Universiteit in Grahamstad behaal. Bewapen met ’n nuttelose (soos sy dit noem) graad, het sy as sekretaresse (wat nie kon tik nie!) by die YOU tydskrif begin werk. Daarvandaan het sy fluks gevorder en na Huisgenoot se advertensieafdeling as advertensieklerk beweeg. In 2001 het haar drome gestalte begin kry – sy ontvang ‘n Media24-beurs en behaal in 2002 haar Bphil-graad in Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hierna doen sy ‘n internskap by Huisgenoot en die res is geskiedenis. Sedert 2003 het sy daar as joernalis gewerk tot sy haar in Mei 2013 permanent by die RSG-familie aangesluit het.

Sy is ‘n pretmeisie, lief vir uiteet (hoewel sy gedurig oor vetword kla), dol oor resepteboeke (hoewel sy nooit een kan volg nie) en is vreeslik trots op haar baie groot musiekversameling. Haidee het ook al ‘n paar keer gesig gewys op die kassie – op die vermaakprogram 10 uit 10 op kykNET en ook as een van Huisgenoot se beoordelaars in die werklikheidsprogram Saktyd in 2011.

“Om my heeltyds op radiowerk toe te spits, was voorwaar die BESTE besluit van my hele lewe. Ek sal seker nie ophou skryf nie, maar om ‘n storie met klank in te kleur, is vir my die beste-este ding in die wêreld.’’

Haidee Muller speel liedjies waarmee sy grootgeword het, musiek wat haar inspireer en haar deur die dag kry, en musiek wat sy speel wanneer sy opgewonde is of wanneer haar hart vol eina is.

Wetenswaardighede oor die natuur en die wetenskap.

Program: Oppiradio

'n Program oor die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: