09:40 - 10:00

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 10:00 - 10:30

Vers en Klank

Met Sophia van Taak

Sophia van Taak

Volgende: 10:30 - 11:00

Kortom

Met Johan Rademan

11:00 - 11:30

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Haidee Muller-Isaacs
Haidee Muller-Isaacs small web

Haidee is op die volstruisdorp Oudtshoorn gebore. “Maak nie saak hoe lank gelede nie,” grinnik sy. Na 10 jaar as joernalis by Huisgenoot het dié borrelende plattelander toe uiteindelik haar nis gevind – RADIOWERK.  Haidee glo vas dat elke liewe mens ’n storie het, daarom gaan soek sy gereeld stories (wat sy self opneem en vervaardig) oor Jan Alleman vir die program driesestig met Martelize Brink. Tussendeur timmer sy so nou en dan ook dokumentêre programme vir die stasie aanmekaar.

En dan is daar haar liefde vir musiek… As jong kind het haar pa, Pietie Muller, haar voorgestel aan musiek. En daarom meen Haidee vandag dat musiek voedsel vir die siel is. Sy is die aanbieder van die plaaslike musiekprogram Oppiradio (Vrydae 20:00) en Haidee se Hartsnommertjies (Saterdae 19:20) waar sy jou bederf met al die treffers uit toeka se dae.

Haidee het ’n BA-graad in politiek en sielkunde aan Rhodes Universiteit in Grahamstad behaal. Bewapen met ’n nuttelose (soos sy dit noem) graad, het sy as sekretaresse (wat nie kon tik nie!) by die YOU-tydskrif begin werk. Daarvandaan het sy fluks gevorder en na Huisgenoot se advertensieafdeling as advertensieklerk beweeg. In 2001 het haar drome gestalte begin kry – sy ontvang ’n Media24-beurs en behaal in 2002 haar BPhil-graad in Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Hierna doen sy ’n internskap by Huisgenoot en die res is geskiedenis. Sedert 2003 het sy daar as joernalis gewerk tot sy in Mei 2013 by die RSG-familie aangesluit het.

Sy is ’n pretmeisie: lief vir uiteet (hoewel sy gedurig oor die vetrolle kla), dol oor resepteboeke (hoewel sy nooit een kan volg nie) en is vreeslik trots op haar baie groot musiekversameling. Terloops, jy kan vir haar elke liewe dag ‘n bord kerrie gee. Sy sal nie kla nie.

Haidee het ook al ’n paar keer gesig gewys op die kassie op die vermaakprogram 10 uit 10 op kykNET en ook as een van Huisgenoot se beoordelaars in die werklikheidsprogram Saktyd in 2011.

“Ek skryf natuurlik steeds vir verskeie publikasies, maar om ‘n storie met klank in te kleur is vir my die beste-este ding in die wêreld.”

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: