06:00 - 08:00

Monitor

Met Anita Visser

Nou op die lug: 08:00 - 09:00

Praat Saam

Met Lynette Francis-Puren

Lynette Francis-Puren

Volgende: 09:00 - 11:30

alhoebekker

Met Amore Bekker

11:30 - 12:00

Regsake

Met Ina Strydom , Igna Klynsmith

Tuis | Aanbieders | Heindrich Wyngaard
Heindrich Wyngaard

Dit was toe hy op skool douvoordag koerante afgelewer het dat die NUUS-kierigheid Heindrich begin beetpak het. In matriek was hy dorpskorrespondent op Caledon, en reeds as student het hy as onderhoudvoerder en meningsvormer ontpop.

Hy is op 23 as ’n Media24-parlementêre verslaggewer aangestel én as rubriekskrywer. Hy vorder tot Politieke Redakteur by Die Burger en Rapport. Sy stem word al sedert die middel-1990’s op radio gehoor en hy was voorheen op kykNet veldaanbieder vir Kwela en aanbieder van Wat’s die storie?

Uit sy pen: Die Gevleuelde Woorde en Wyshede van Peter de Villiers; Standpunte van Annerkant die Treinspoor; A Home for Zephany en as medeskrywer: The Ashwin Willemse Story. In April 2017, het hy ‘n biografie oor die eerste bruin (of swart) Springbok, Errol Tobias, die lig laat sien met die titel Bursting Through the Half-gap.

Ná aftrede wil Heindrich, wat op ’n plaas gebore is, voltyds skryf en met skape boer.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: