13:00 - 14:00

Spesiale uitsending

Met Terrance April

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Radioteater

Volgende: 15:00 - 16:00

RSG Konsertbederf

Met Willem Pelser

16:00 - 17:00

Spesiale uitsending

Met Flip Loots

Tuis | Aanbieders | Helena van Vuuren
Helena van Vuuren

Helena van Vuuren

Helena van Vuuren (neé Botes) is ‘n redakteur by RSG se bulletinlessenaar. Sy is op 1 Julie 1963 in Pretoria gebore en matrikuleer in 1981 aan die Hoërskool Eldoraigne. Sy studeer joernalistiek aan die destydse Pretoria Technikon en voltooi haar opleiding in die Louis Trichardt kantoor van die Perskor koerant, die Noord-Transvaler. Sy sluit later aan by die redaksie van Die Transvaler in Pretoria as algemene verslaggewer.

Sy begin haar loopbaan by die SAUK se nuuskantoor in Pretoria op 1 Julie 1987 as algemene verslaggewer. Sy doen ondermeer bydraes vir Monitor en die destydse Spitstyd, die oggend TV nuusprogram en die onderskeie nuusbulletins. In 1993 word sy verplaas na die Bloemfontein nuuskantoor waar sy eers nuusredakteur en later streekredakteur word van die Vrystaat en Noord-Kaap. In dié tyd besoek sy ook België as deel van ‘n nuusopleidingsprogram en bestee ‘n paar weke by die plaaslike openbare radiodiens in Brussel. Sy trek terug na haar wortels in 1999 toe sy aangestel word as bulletinredakteur van RSG.

Helena beskou die Merriespruit-modderramp in die Vrystaat as een van ‘n paar stories waaroor sy berig gedoen het, wat ‘n groot indruk op haar gelaat het. Die tuiskoms van ‘n Suid-Afrikaanse soldaat wat gevange geneem is tydens die grensoorlog, was ook ‘n hoogtepunt van haar loopbaan as joernalis. Sy was teenwoordig toe die soldaat by Ruakana oor die grens gestap en deur die destydse minister van buitelandse sake, Pik Botha, verwelkom is. Helena is vir haar bydraes op Monitor verskeie kere vir Artestoekennings benoem.

Helena is getroud met Justus van Vuuren, ‘n kolonel in die Suid-Afrikaanse Lugmag.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: