22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

Nou op die lug: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Sue Pyler-Slabbert

Sue Pyler-Slabbert

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Sue Pyler-Slabbert

Tuis | Aanbieders | Hendrik Martin
Hendrik Martin web

Ná ‘n onmerkwaardige hoërskoolloopbaan by Volkskool, Heidelberg, het ek drie jaar lank regte by Tukkies studeer (1983 tot 1985). Die weermag het egter swaar op my geleun en ek het, saam met ander groot name soos Bill Gates en Steve Jobs, ‘n college drop-out geword, tot my pa se groot ontsteltenis. In die weermag het ek alles en nog wat gedoen ten einde verveling en frustrasie te bekamp. Ek kon ook een of twee universiteitskursusse in die twee jaar afhandel, en in 1988 begin ek as leerlingverslaggewer by die SAUK se buitelandse diens.

Ná ‘n lang en stadige opleidingsproses het ek in 1992 by SAUK Nuus aangesluit en in Engels en Afrikaans verslaggewing gedoen. Van die hoogtepunte van my loopbaan is Nelson Mandela se vrylating, die geweld tussen die ANC en die IVP in die vroeë 90’s, die Codesa-onderhandelinge, die 1994-verkiesing, onderhoude wat ek met talle internasionale figure op besoek aan Suid-Afrika gevoer het, onder andere Jassir Arafat, George Bush senior, Francois Mitterand, John Major, die Dalai Lama en selfs die leiers van die Ierse Republiekeinse Leër tydens ‘n geheime besoek aan die land.

In die laat jare 90 het ek by Monitor en Spektrum begin, waar ek onder andere saam met mense soos Chris Louw gewerk het. Later het ek ‘n redakteur geword en by die beplanning van programme bestrokke geraak, werk wat ek nou nog doen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: