09:40 - 10:00

Gelukwense aan Bejaardes

Met Gustav Greyling

Nou op die lug: 10:00 - 11:00

Musiekbonbons Ekstra

Met Terrance April

Terrance April

Volgende: 11:00 - 11:30

Taaldinge

Met Magdaleen Krüger

11:30 - 12:00

Hoe verklaar jy dit?

Met Haidee Muller-Isaacs

Tuis | Aanbieders | Ignatius Vlok
Ignatius Vlok

Ignatius Vlok

Ignatius het in 1997 tydens sy  B.Com-studies aan die Universiteit Stellenbosch by radio betrokke geraak. Ná 19 jaar van uitsaai en advertensies werf en maak, het hy in 2015 deel van die RSG-familie geword. Jy kan hom by Oggend op RSG hoor, waar hy ook regisseur is.

Hy het op ‘n vrugteplaas groot geword en is in die gedrukte media betrokke as advertensiebestuurder van die SA Fruit Journal. Fotografie was voorheen ‘n werk. Nou is dit saam met met scuba ‘n stokperdjie. Hy is ‘n haai-spesialisduiker, maar balanseer die opwinding met lees en ‘n waardering vir kuns. Hy is getroud met Celeste, ‘n mediese dokter.

Program: Finansies

'n Paneel kenners bespreek verskeie aspekte van persoonlike finansies. Die program word elke tweede, derde en vyde Dinsdag van die maand uitgesaai.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: