23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Aanbieders | Jacques Arendt
Jacques-Arendt-resized

Jacques Arendt

Jacques het grootgeword in Klipplaat in die Oos Kaap. Dit is hier waar hy sy liefde vir stoomtreine ontwikkel het. Hy het gematrikuleer aan die Hoërskool Jansenville.

Wanneer Jacques agter die mikrofoon inskuif, leef hy twee dinge gelyktydig uit. Sy passie vir radio en musiek, en sy liefde vir sy taal.

Jacques leef ook sy liefde vir musiek uit deur op te tree as seremoniemeester en platejoggie vir troues, korporatiewe funksies en danse. Hy tree ook gereeld as seremoniemeester by Suid-Afrika se grootste feeste op, en is die ambassadeur van die jaarlikse Kirkwood Wildsfees.

Sy slagspreuk, Vlieg Hoog Koningskind, is wat hom positief hou in die lewe!

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: