Johny is gebore in Upington in die Noord-Kaap, en het grootgeword op Groblershoop. Ná skool het hy drama studeer aan die ou Technikon Pretoria (1999-2001). Sy passie was nog altyd om met kinders te werk, en hy spesialiseer dus in Kinder en Opvoedkundige Teater tydens sy studies.
Hy het deur die jare verskeie rolle op TV vertolk, verhoogwerk aangepak en op verskeie beoordelingspanele gedien. Die oorklankingswêreld en stemwerk is ook deel van Johny se repetoir. Hy het ook in die regisseursstoel gesit in hierdie verband.