18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Aanbieders | Kobus Burger
Kobus Burger small web

Kobus Burger is RSG se programbestuurder. Hy was voorheen die senior regisseur mandaat (vir drama en opvoedkunde) by RSG asook die uitvoerende regisseur: drama. Sy debuut-drama, Mara wie?, het in 2008 die top 5 van die Nagtegaal-tekskompetisie gehaal en is in 2011 met die ATKV Mediaveertjie vir beste radiodrama bekroon.

Hy is die voormalige kunsredakteur van Beeld en was ook vir sowat 18 jaar ‘n toneel-, musiek- en kabaretresensent. Hy was vir ‘n hele paar jaar die voorsitter van die Absa KKNK se Kunstekabinet en later die fees se programbestuurder.

Naas die toneelverhoog en popmusiek, is kreatiwiteit sy ander passie. Hy is reeds in 2007 deur dr. Eric Maisel, die VSA se voorste kreatiwiteitsafrigter, opgelei om kunstenaars in bykans alle kunsdissiplines te help om hulle talent en kunstenaarskap uit te leef. Kobus se kreatiwiteitslypskole is al tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad en die Moshito-musiekkonferensie aangebied. Hy was ook tot onlangs ‘n deeltydse lektor in die joernalistiek aan die Universiteite van Johannesburg en Pretoria en skepper van die bekroonde RSG Kunstefees en later RSG Skatkis.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: