19:30 - 20:00

Kompas

Met Barrie Ferreira

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Oppiradio

Met Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Aanbieders | Linda Loubser
Linda Loubser

Linda Loubser

Linda het in Desember 2012 by RSG se nuuslessenaar begin werk. Haar eerste kennismaking met die stasie was egter reeds in 2005 toe sy as joernalis en verkeersverslaggewer by die aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum begin werk het.

In 2007 het sy na Londen getrek om ‘n paar ponde te verdien en die wêreld te sien, maar het aangehou om uit die buiteland nuusstories vir Monitor en Spektrum te stuur. Sy het in dié tyd haar liefde vir reis ontdek en het sedertdien meer as 30 lande besoek.

Terug in Suid-Afrika het sy vir ‘n paar maande as vrywillige onderhoudvoerder vir die VN se Vlugtelingeraad gewerk op ‘n projek wat gerig was op die slagoffers van xenofobiese aanvalle. Sy het ook as verslaggewer en redakteur gewerk by ‘n nuuswebwerf wat fokus op ontwikkeling en bemagtingsprojekte. Daarna het sy as joernalis gewerk vir die tydskrif Screen Africa, waar sy oor die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf en uitsaaiwese geskryf het.

Van die hoogtepunte van haar loopbaan sover was om verslag te doen oor die Sokkerwêreldbeker in 2010 en om skouers te skuur met Oscar-wenners by die Dubai Internasionale Rolprentfees in 2011.

Sy het haar honneursgraad in Filosofie en Joernalistiek aan die Universiteit van Johannesburg behaal en is tans besig met haar Meestersgraad in Joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: