09:40 - 10:00

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 10:00 - 10:30

Vers en Klank

Met Sophia van Taak

Sophia van Taak

Volgende: 10:30 - 11:00

Kortom

Met Johan Rademan

11:00 - 11:30

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Lise Swart
Lise Swart

Lise is ‘n alombekende Suid-Afrikaanse televisie-aanbieder en sangeres wat bekendheid verwerf het as aanbieder van die gewilde kosprogram Roer! (KykNet en SABC3), en as agtergrondsangeres saam met Anton Goosen.

Lise is gebore en getoë in Somerset-Wes in die Wes-Kaap en het BA Drama op Stellenbosch studeer waarna sy besluit het om ‘n sangloopbaan te volg.

Sy was ook agtergrondsangeres vir verskeie van Suid-Afrika se topkunstenaars soos Gert Vlok Nel, Laurinda Hofmeyr en Amanda Strydom. Sy het ondermeer in vertonings soos Om te Breyten by die KKNK opgetree saam met Steve Hofmeyr, Piet Botha, Lize Beekman en Valiant Swart. Haar hoogtepunte saam met Anton Goosen was die opnames van Vis innie Bos, Anton & Vrinne-DVD en die Groenblomme Projek.

Sy het in 2004 Roer! (KykNet), aangebied vir twee seisoene. Daarna het sy die rol van aanbieder van Pitstop (SABC2), saam met Alvin Bruinders, by haar ouer suster, Nina Swart, oorgeneem. Sy het ook die derde seisoen van die realiteitsmodelkompetisie, Revlon Supermodel (SABC3), saam met Michelle McLean aangebied en vir vier jaar was sy te sien op die gewilde tydskrifprogram, Kwêla (KykNet).

As gevolg van ‘n jaar se ondervinding by ‘n reabilitasiesentrum in Londen het sy besef haar eintlike roeping is om met mense te werk. Dit was die groot dryfkrag agter die ontstaan van Wie is ek?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: