23:55 - 23:59

Laataandgedagte

Nou op die lug: 23:55 - 23:59

Deurnag (Woensdag)

Volgende: 04:30 - 05:00

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:00 - 05:55

Wakker

Met Renske Jacobs

Tuis | Aanbieders | Lizelle de Bruin
Lizelle de Bruin

Lizelle de Bruin

Lizelle de Bruin is ‘n ervare radioregisseur en direkteur van ‘n groep maatskappye wat onder die Wordwise-naam handel dryf. Wordwise is bekend vir inhoudskepping, uitgeewerk, opvoedkundige konsultasiewerk, vervaardiging van radio- en televisieprogramme, oorklanking en die skep van digitale produkte.

As Christenvrou in die mediawêreld is dit haar passie om moeilike en soms omstrede kwessies vir gewone Christene toeganklik te bespreek, sonder enige fieterjasies en dogma. Haar missie in die lewe is om godsdiens so te verpak dat dit toeganklik en verstaanbaar is.

Lizelle is ook deel van die span van HIP2B² – ‘n bekende jeughandelsmerk van Mark Shuttleworth wat ‘n belangstelling in Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie en Entrepreneurskap onder leerders bevorder. Lizelle het ‘n spesifieke belangstelling in die oorklanking van kinderprogramme en is die regisseur van die immergewilde Barney en Noddie in Afrikaans.

ʼn Godsdiens-leefstylprogram met die fokus op aktuele temas wat die geloof uitbeeld.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: