22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

Nou op die lug: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Sue Pyler-Slabbert

Sue Pyler-Slabbert

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Sue Pyler-Slabbert

Tuis | Aanbieders | Louise Jooste
Louise Jooste small web 2

Louise Jooste

Louise Jooste is RSG se sakebestuurder.

Louise het in November 2006 by RSG begin werk as bemarkingsbestuurder en vir ‘n jaar gedurende 2020/2021 ook terselfdertyd waargeneem as programbestuurder. Sy het kommunikasiewese by Noordwes-Universiteit studeer en haar studies aangevul met ‘n sakebestuur-kwalifikasie van Wits Universiteit se Besigheidskool. Met sowat 25 jaar se bemarkings- en bestuursagtergrond en die afgelope 14 jaar as deel van die bestuurspan van RSG, is sy veelsydig en ‘n vinnige raakvatter met ‘n sin vir orde en beplanning.

Louise se loopbaan was nog altyd deel van haar lewe, en haar man en twee seuns ondersteun haar ten volle.  Hulle ontspan graag saam deur flieks te kyk of bordspeletjies te speel wanneer tyd dit toelaat en is baie erg oor hulle vier honde! Kinders het ‘n spesiale plek in Louise se hart, en sy was voorheen betrokke by Huis Kosmos, ‘n Umephi-satellietkinderhuis in die suide van Johannesburg, wat omsien na kinders wat uit moeilike huislike omstandighede verwyder is.  Sy is tans ingeskakel by Imagine Church en deel van hul vrywilligerspan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: