11:30 - 12:00

Groeipyne

Met Johan van Lill

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 13:00 - 15:00

driesestig

Met Johan Rademan , Martelize Brink

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Aanbieders | Lynette Francis-Puren
Lynette Francis-Puren

Lynette Francis is as joernalis opgelei en haar joernalistieke loopbaan sluit werk in die gedrukte- en elektroniese media in. Sy begin werk as verslaggewer by Rapport en was al assistentredakteur by twee toonaangewende nasionale tydskrifte, Sarie en Woman’s Value/Dit. Haar uitsaailoopbaan het meer as ‘n dekade gelede by RSG begin nadat sy ‘n boekvoorlesing gedoen het. Sedertdien het sy al vir KFM, Punt Geselsradio, Cape Talk/702 as dj en talk show aanbieder gewerk en was vryskut-tv nuusleser en aanbieder vir die SABC se destydse streekprogram Kaap om Ses. Sy was ook die medeaanbieder van DSTV se geselsprogram, Emma ko’ lê ma, op Kyknet en was ook deel van ‘n televisie reisreeks vir Discovery Channel – Lonely Planet, Six Degrees. Lynette het ‘n passie vir joernalistiek en het die afgelope paar jaar joernalistiekstudente opgelei en vir werkplasing afgerond. Wanneer sy slaap, droom sy sy’s ‘n superheldin in haar volgende lewe…!

Program: Praat Saam

PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: