13:05 - 14:00

Top Treffers

Met Carla Mackenzie

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

Willem Viljoen

Volgende: 15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Carla Mackenzie

Tuis | Aanbieders | Magdaleen Krüger
Magdaleen Krüger

Magdaleen is RSG se voormalige stasiebestuurder.

My radiopad het begin as nuusverslaggewer by die SAUK, toe regisseur by Monitor & Spektrum en toe beweeg ek aan na redakteur by Monitor & Spektrum. Tot hiertoe was die werk nuusgedrewe.

Ek raak toe kriewelrig en lus om bietjie wyer as nuus te werk. Dis toe dat ek na die programme-afdeling van RSG beweeg, waar ek sport, musiek, godsdiens, nuus, taal, boeke, nuuslees, dokumentêre programme en op-lug-aanbieding gedoen het.

Daar is vir my niks wat kom by radiowerk nie… daarom dat ek steeds ‘n program aanbied, al is ek deesdae ‘n burokraat. Die saamstel en aanbied van Die Tale wat ons Praat is my weeklikse lekkerte.

Wanneer ek nie werk nie, hou ek van enige skoonmaak-taak en ek en my stofsuier is onafskeidbaar. Eens op ‘n tyd het ek ‘n baie mooi tuin gehad, want ek is lief vir tuinmaak. Ek werk daaraan om eendag weer daai mooi tuin te hê.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: