14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

Nou op die lug: 15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Carla Mackenzie

19:00 - 19:05

Nuus

Tuis | Aanbieders | Marí Hudson
Marí Hudson

Marí Hudson

Mari is ‘n ervare mediese joernalis. Die dekodering van mediese inligting is haar beroep en passie.

Ek het op Kirkwood in die Oos-Kaap – sitruswereld – grootgeword. ‘Ek het n Bsc Honn in Mediese Wetenskap aan US verwerf, en my hoofrigting was Genetika, met biochemie, fisiologie en farmakologie as agtergrond, wat my deur die jare gehelp het om mediese inligting te verstaan en te dekodeer.

Ek was voorheen mediese verslaggewer van Die Burger, deeltydse lektor in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, en stigtersredakteur van www.health24.com. Ek was ook betrokke by die konseptualisering en ontstaan van die gesondheidstydskrif Huisgenoot Pols en You Pulse, vir Huisgenoot en stigtersredakteur van ‘n tydskrif vir dokters, What’s New Doc?

Ek het sowat 20 Suid-Afrikaanse en internasionale toekennings ontvang vir uitnemendheid in joernalistiek. Ek werk tans saam met dokters, is ‘n direkteur van The Good Doctors, en redakteur van die organisasie se publikasies. The Good Doctors is ‘n organisasie wat hom beywer om mediese inligting vir dokters en vir die lekepubliek te dekodeer. Dit is ‘n organisasie deur dokters vir dokters, en ook vir die lekepubliek. Ons hanteer www.thegooddoctors.co.za vir dokters asook gedrukte publikasies vir dokters, en verskeie publikasies vir mediese fondse en hospitale om aan verpleegklundiges, siekefondslede en pasinte korrekte mediese inligting te verskaf.

My sterk punt: ek sien verbande en gapings en hoe om kolle te verbind om ‘n prentjie te vorm of hoe om die kolle te ontbondel om sin te maak van iets wat deurmekaar lyk. Idees en planne en oplossings borrel die heeltyd uit my kop en ek kan op my voete dink.

My swak punt: ek raak ongeduldig – veral met myself.

Ek het ‘n sagte plekkie vir oumense, hou van Schubert, Verdi, bel canto opera, Beethoven en Mozart en veral Franse opera musiek. Ek het ‘n collie hond, Bismarck, twee pugs Wagter en RomBom, en ‘n groot kat, Gogga, wat saam met my en die honde stap en ander honde aanval.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: