09:40 - 10:00

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 10:00 - 10:30

Vers en Klank

Met Sophia van Taak

Sophia van Taak

Volgende: 10:30 - 11:00

Kortom

Met Johan Rademan

11:00 - 11:30

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Mariëtta Kruger
Marietta Kruger small web

Mariëtta Kruger

Mariëtta het in 2004 weer by RSG begin uitsaai nadat sy haar uitsaailoopbaan in die jare tagtig by Afrikaanse radio begin het. Hoewel sy ‘n paar lang draaie by televisie gemaak het, bly radio haar eerste liefde.

Mariëtta glo ‘n mens moenie jouself of die lewe te ernstig opneem nie. “Daar is humor in meeste dinge in die lewe,” sê sy. Mariëtta sê sy het self ‘n positiewe gesindheid tot die lewe.

Uitsaai is in Mariëtta se bloed en vir haar is dit nie ‘n werk nie, maar ‘n passie, sê sy.

Mariëtta is baie lief vir diere. “Ek is totaal in diens van my dierekinders,” sê sy. “Hulle is altyd bly om my te sien en is onvoorwaardelik lojaal. Ek wil graag eendag die mens wees wat my kinders dink ek is.”

Verder is sy ‘n ywerige leser, veral van Afrikaanse letterkunde. Tuinmaak en reis, veral na Italië, is ook groot belangstellings in haar lewe.

Wanneer RSG haar nie te besig hou nie, tree sy by galageleenthede as seremoniemeester op waar sy dikwels interessante mense ontmoet. “Wat ‘n voorreg,” sê sy.

Met Mariëtta se liefde vir diere hoe dan nou anders dat die DBV en gidshonde vir blindes sake is waarvoor sy graag haar beursie oopmaak?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: