15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Aanbieders | Marlinée Fouché
Marlinée Fouché web

Marlinée Fouché

Van my eerste dag af as derdejaar student aan die Universiteit van Johannesburg in 2013, beskou ek Monitor, Spektrum en Naweekaktueel as my grootword- en groeiplek. Om by die SAUK te werk, is beslis nie maanskyn en rose nie, maar ek verkies dit so. Dit dwing jou om gereeld jou waardes en oortuigings te definieer, selfondersoek in te stel en nader aan jouself te groei.

Van kleins af wou ek net die wêreld invaar saam met die VN of Dokters Sonder Grense, vandaar my passie vir humanitêre- en omgewingskwessies. Ek probeer om dié stories so aan te pak sodat luisteraars hulle daarmee kan vereenselwig. Verder hou ek van langer, in-diepte stories. Gee my die geleentheid om ‘n reeks te doen, en ek’s in die sewende hemel!

Wanneer ek nié by RSG doenig is nie, skryf ek nuus vir SABC 2 se Afrikaanse TV-nuusspan. Ek reis ook graag, en het in ‘n stadium weekliks vir Reis Sonder Grense bydraes gelewer oor my driemaande lange ervaring van Europa.

Ek is op my gelukkigste met ‘n glas rooiwyn in die hand, iewers op ‘n stoep in Melville saam met vriende. Wat aan my nét soveel vreugde verskaf, is herwinning. Ek vind dit geweldig bevredigend, en hoe minder rommel ek weggooi in ‘n week, hoe beter.

Dis verder vir my ongelooflik belangrik dat dit goed gaan met die mense om my, so ek maak ‘n punt daarvan om te help waar ek kan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: