23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Aanbieders | Mètzi van der Merwe
Mètzi van Merwe web

Stories is my suurstof. As kind het my ouma my altyd ferm berispe: “Mens vra nie ‘n mens so in nie en nog minder so baie vrae!” Min het sy en ek geweet dit is hoe die brood en botter op die tafel sou kom.

Groot was my ontnugtering toe ek Watergate deur Carl Bernstein en Bob Woodward gelees het, en my drome word nie bewaarheid nie, maar ewe groot was die bevrediging toe ek vir drie jaar die township oompies en tannies se pensioenprobleme kon hanteer, wat as navrae van die Star en ander koerante ingestroom het.

In 2009 het die voormalige Amerikaanse presidentsvrou, Rosalynn Carter, my gekeur vir haar program om die stigma te beveg wat veroorsaak word deur verkeerde berriggewing oor mense met geestessiektes. Dit was nadat ek in 2008 twaalf stories in Afrikaans, Engels en heelwat Afrikatale vir radio gedoen het oor die verskillende geestessiektes. In 2009 het ek nog ‘n reeks van 12 gedoen oor die probleme wat mense met geestessiektes in die werkplek ondervind.

Dertig jaar gelede het ek ‘n papiertjie gekry met die woorde: “Diploma in Joernalistiek”, maar vandag leer ek nog elke dag, veral by die jonges.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: